EREDIENS IN DIE OPELUG TE AVALON: LENTE IS HIER!

Septembermaand is lente en ons verklaar dat die winter verby is. Alles groei en die plante en bome begin blom. Onmiddellik dink ek aan Hooglied 2 verse11 en 12 terwyl ek in verwondering die Here se handewerk in Sy skepping beleef: 11Kyk, die reëntyd is verby, die reën is oor, dis weg.12Daar is bloeisels in ... Lees verder

Fondse Kommissie Augustus 2022

Ek gee graag terugvoer rakende afgelope 3 maande se syfers:     Mei 2022 Junie 2022 Julie 2022 Maandelikse dankoffers 179 652 165 487 171 113 Totale inkomste 557 947 284 411 241 781 Totale uitgawes 402 100 306 204 305 686 Surplus / (Tekort) 155 847 (21 793) (63 905)   Ek herinner u ... Lees verder

Pinkster 2022 – Die vreugde van ’n Lewende Verhouding met God

Teen hierdie tyd behoort jy al die program vir Pinkster 2022 in hand te hê. Probeer om jou weeklikse program rondom die Pinkster-program te organiseer. Vanjaar se tema is: Die vreugde van ’n Lewende Verhouding met God. ‘n Lewende verhouding met God is soos ’n boom wat by waterstrome geplant is. So ’n boom groei ... Lees verder

BASAAR LUSMAKER

Basaar Terrein en Tente Uitleg Tweedehandse Boeke teen Spotgoedkoop Pryse Van Deon Meyer tot Nataniël, daar is ‘n boek vir elkeen se smaak!  Daar is, onder andere, ‘n verskeidenheid van resepte-, tuin-, stokperdjie- en reisboeke.  Outobiografieë van bekende persone is ook beskikbaar.  Donasies van al u oorbodige boeke en tydskrifte is meer as welkom.  Lewer ... Lees verder

Wêreldbiddag vir Vroue 4 Maart 2022

De Eike het op Vrydag, 4 Maart, saam met miljoene vroue van regoor die wêreld die 2022 Wêreldbiddag vir Vroue gedenk.  Die tema, gekies deur Engeland, Wallis en Noord-Ierland, was “Ek weet wat Ek vir jou beplan” uit Jeremia 29.  Luister gerus hier na Ds. Ankia du Plooy se boodskap. Lees verder

Geloofbelofte-offers 2022/2023

    Wat is dit?    Geloof:  Om die Here te vertrou, Hy sal  dit voorsien wat Hy op my hart gelê het om te gee. Belofte:  Ek belowe hiermee om die geld te gee soos wat die Here dit voorsien. Offer:  Ek onderneem om ‘n bydrae te maak – selfs al vra dit opofferings ... Lees verder