De Eike se Finansies

Liewe vriende, Ek sê graag baie dankie vir elke bydrae wat ons ontvang.  U gereelde bydrae maak dit vir ons moontlik om met ons gemeentelike dienswerk voort te gaan en ons roeping as gemeente uit te leef. Die Fondse Kommissie doen ook graag sy verantwoordelikheid gestand om gemeentelede in te lig rakende die spandering van ... Lees verder

Fondse terugvoer

Liewe vriende, Ek gee graag terugvoer rakende Maart en April se syfers (met Februarie se syfers vir vergelykings-doeleindes):   Beide Maart en April se syfers is beter as Februarie s’n, waaroor ons baie dankbaar is.  (April se maandelikse dankoffers sluit wel ‘n enkelbedrag-bydrae van R55 000 in.)  Dit is dalk ook nuttig om die maandelikse ... Lees verder

FOR THE LEAST OF THESE… Matthew 25:31-46

Rahul and Lorette – Nuusbrief 1/2023 Liewe Vriende, Ons is so dankbaar vir julle! Baie dankie dat julle saam met ons in gebed staan en die Here vertrou vir wonderlike dinge in 2023 – tot eer van sy Naam!   Ons het ‘n lekker besige eerste kwartaal van die jaar agter die rug. Priyanka en ... Lees verder

SmartStart soek slimfone

Little Seeds is tans een van drie implementeringsagente vir SmartStart.  Hierdie nie-winsgewende organisasie beoog om aan elke kind toegang te gee tot hoë kwaliteit vroeëkindontwikkelingsgeleenthede. Daar word toenemend op tegnologie gesteun om kinders in moeilik-bereikbare areas te teiken. Praktisyns (vroue wat deur SmartStart opgelei en ondersteun word om ‘n gehalte kurrikulum aan 3-5 jarige kinders ... Lees verder

Riëtta oor die buitelugdiens:

Die buitelugdiens op Avalon is maar altyd ‘n groot hoogtepunt in die kwartaal. Dit is net SO spesiaal om te aanbid in die natuur, en wanneer ‘n mens stil word, honderde voëltjies te hoor.  Al ‘n mens se sintuie word geprikkel in die koel troubos.  Die koel plante, RUIK ook mos so lekker en vars. ... Lees verder

‘n paar woorde van René

14 Maart 2023 Liewe Gemeente Dit is nou 3 maande ná my aftrede en ek en Tinus is op pad Australië toe om vir ons dogter, Martlie, te gaan kuier.  Ons sal DV teen die einde van April weer terug wees. Ons was Sondag by die Buitelugdiens en wat ‘n voorreg was dit nie vir ... Lees verder

Nuus van die Harvesters

Beste Harvesters Friend,   Ons is opgewonde om die nuus dat Harvesters Ministries danksy jou ondersteuning na Wes-Europa uitbrei, met jou te deel. Jou gebede is van kardinale belang waar ons God se leiding volg om die weg in hierdie nuwe streek te baan. Bid dus asseblief hierdie week saam met ons en gebruik gerus ... Lees verder

Wêreld Biddag vir Vroue : 1 Maart 2023

Tema van die Jaar – Taiwan Vanjaar is dit die 93ste viering van die Wêreldbiddag in Suid-Afrika.  Die land wat vanjaar spesiaal in gebed opgedra word, is Taiwan, en die leuse van hierdie jaar is “Ek het van julle geloof gehoor”.  Taiwanse vroue se deelname aan die Wêreldbiddag dateer terug na Maart 1935. Onder leiding ... Lees verder

Briefies uit die Kinderkerk

By die Kinderkerk doen ons, ons bes om die kinders regtig lief te maak vir Jesus/God en die Bybel, en weet ‘n mens nie altyd hoe die boodskappe insink nie.  Ons tema hierdie kwartaal is “Leer ken vir Jesus”, waar ons die waarde van die Bybel, en die vaslegging van die Bybel beklemtoon, op allerhande ... Lees verder

‘n Wonderlike ontmoeting

Hallo julle Hoor nou eers hierdie mooi storie. Vanoggend op my en Elzeth se staptog loop ons hierdie Angolese vrou (al sedert 2005 in SA) raak wat heeltemal verdwaal is.  Sy soek Patrysstraat 43, waar sy gaan opleiding kry.  Verdere info het sy nie. Dis vreeslik moeilik om die pad te verduidelik, want dis vol ... Lees verder