…en van Riëtta by die Kinderkerk:

Hallo liewe gemeente Gister was afskopdag vir die Kinderkerk van NG Kerk De Eike, wat terloops hierdie jaar TIEN JAAR oud is, en gevier gaan word met ‘n gemeentekonsert op 30 Augustus.  Teken aan!   Ewenwel, ons tema vir die jaar is Vreemde en Crazy Stories in die Bybel, met Kwartaal 1:  Vreemde vroue in ... Lees verder

2024 Vrouebediening

Liewe Vrouebediening en/of Vrouelidmate – Die Sinodale Taakspan Vrouebediening (STV) sien BAIE uit daarna om 2024 saam met julle aan te pak.  Ons spring weg met #BeginbyGod in Januarie, net nadat die skole weer begin het. Tydperk: 21 Januarie tot 14 Februarie (omtrent 4 weke) hierby aangeheg ‘n kalender van die volle tydperk se beplanning ... Lees verder

DIE KOSMANDJIE – ‘n Aksie van die Getuieniskommissie

So lyk die itemlys van basiese kruideniers-, toiletware en skoonmaakmiddels wat in De Eike se spens benodig word om lidmate in ‘n krisissituasie te help. Hierdie lys is saamgestel deur na verskeie noodlenigingsorganisasies se programme te kyk. Ander items word ook met groot waardering ontvang, maar die fokus bly die basiese lys, en aankope word ... Lees verder

Baie dankie – Elsabé Marais

Ek loop al maande rond met ‘n dankie binne my wat net nie in woorde op papier verander kan word nie. Ek moet dankie sê. Ek weet net nie hoe ‘n mens so hoeveelheid dankbaarheid in woorde kan verander nie. Die dankbaarheid is meer as wat swart strepies op ‘n wit papier kan maak. Daar ... Lees verder

Charles Wolfaardt skrywe

Op die huidige oomblik het ons land baie probleme Ek hoef dit nie te noem nie aangesien ons almal reeds daarvan weet. Dit het my laat dink aan ‘n gebeurtenis so klompie jare gelede presies 151 jaar gelede.   ‘n Finansieël baie sterk prokureer in Chicago VSA het al sy geboue en besittings verloor as gevolg van ... Lees verder

Kerstyd in Koelenhof

Ds Desmond: VGK Koelenhof Die kerkraad , admin beamptes en gemeentelede NGK De Eike Dit is vir ons aangenaam om u mee te deel dat ons Sondagskool afsluiting op 3 Desember baie goed verloop het. Ons kan onsself nie die dag voorstel sonder die geskenke en lekkergoedpakkies nie. Namens al ons kinders en ouers/voogde baie ... Lees verder

Kerstyd en die kinderkerk.

Riëtta:  Ons Kerssangdiens was hoendervleis mooi, en veral vir my spesiaal met die kinders se deelname. Slegs 11 van ons 73 kinders het deelgeneem, maar daardie 11 dissipels was super opgewonde en ywerig. Twee Saterdagoggende is daar by die kerk geoefen – dankie vir die mammas se vervoer – en ook ‘n intense oefening tydens ... Lees verder

Nuus uit die Jeugkommissie

Nuus uit die Jeugkommissie Ons Jeugkommissie het ‘n paar Saterdae gelede ‘n volledige beplanningsessie gehad vir 2024. En tipies van ons 5 vrolike dames, vir 5 en ‘n half ure vergader, pure lekkerte.  Dit was lank, en dit was prettig, en nou het ons planne!   Nuus uit die kinderkerk So ‘n paar Sondae gelede ... Lees verder

Nuus uit Indië

FOR THE LEAST OF THESE… Matthew 25:31-46 Rahul and Lorette – Nuusbrief 3/2023   Liewe Vriende, Ons vertrou dat dit goed met julle gaan. Vandag skryf ons vanuit drie dorpe in twee verskillende lande. Ons raak steeds gewoond aan die idee dat Priyanka nou in Suid-Afrika woon. Ons is baie trots op die brawe stap wat sy geneem het om ‘n ... Lees verder

DRINGENDE GEBEDSVERSOEK VANAF HARVERSTERS MINISTRIES

NGK Kuilsrivier De Eike, soos jy dalk weet, was daar verlede naweek ‘n ongekende en onverwagte aanval op Israel deur Hamas, en ons doen ‘n beroep op jou om saam met ons te bid.   Vanaf die 10de Oktober het die konflik meer as 1 500 sterftes tot gevolg gehad, insluitend ‘n gesin van 8 ... Lees verder