Die Akker vrae en antwoorde – Ds Johan Janse van Rensburg

Vertel ons ’n bietjie oor jouself? Ek is ‘n doodgewone ou, wat hou van goeie koffie, goeie wyn, musiek waarmee ek kan saamsing, goeie geselskap, en ’n vleisie braai. Ek is mal oor die natuur en die buitelewe. Ek verken graag nuwe plekke. Ek hou daarvan om op agterpaai rond te toer. Ek hou ook ... Lees verder

Nuus uit die Fondse Kommissie

Liewe De Eike-familielid, Wat sê ‘n mens aan die begin van ‘n nuwe jaar, wat voel asof dit al maande lank aan die gang is? (Of voel dit net vir my so?)  Erger nog: wat sê ‘n mens oor die kerk se finansies? Of ons dit nou wil weet of nie, ons finansies is die ... Lees verder

‘n Bietjie nuus vanuit die Kinderkerk

Registrasiedag is afgehandel op 19 Januarie, en het glad verloop.  Dankie vir Tim en Elmarie vir die voorbereiding van die saal.  Die Kinderkerk se lede staan nou op 66. 5 Nuwe sieletjies het aangemeld by graad 1, 15 Sieletjies in graad 6 het ons verlaat, en het nou aangemeld by Senior Kategese. Daar het ook ... Lees verder

Waag dit om Jesus te deel

Dis ons eerste Senior Kategese ontmoeting op Sondag, 26 Januarie en geopende deure besoek ons om te vertel van hulle organisasie. Ons het sopas Janine Williams se boodskap gehoor oor hoe ons God se heerlikheid moet uitstraal en geleer van die Jubeljaar waar almal vry gekoop is. En toe vertel Johan, spreker van geopende deure, ... Lees verder

Uit die Kinderkerk

Liewe gemeente Soos almal weet, het ons die Kinderkerk afgeskop in Augustus 2014, het vanjaar ons 10 jaar gevier, en het ek en Ds Hannes heelwat navorsing gedoen vooraf, hoe ons die Kinderkerk wou bedryf. Op die ou end het ons besluit om dit soos die Kinderkrans, later genoem KIX, te bedryf net op ‘n ... Lees verder

Nuus uit Varenasi

Liewe Vriende, Baie dankie dat julle tyd maak om ons briewe te lees. Ons is opreg dankbaar vir julle woorde van bemoediging, finansiële ondersteuning en gebede. Dit wat ons deur die Here se genade en voorsiening doen is ‘n getuienis van julle getroue betrokkenheid by die werk – baie dankie!   Kom ons begin met ... Lees verder

Hannes en Adri

Vir hierdie laaste uitgawe van Die Akker waarvoor ek verantwoordelik gaan wees, is ek en Adri gevra om ‘n paar vragies te antwoord. Ons het besluit om dit saam te doen, aangesien dieselfde vrae aan ons albei gestel is. Hier is ons dan…   Waarna sien julle die meeste uit na jou aftrede? Ek onthou ... Lees verder

Blokraaisel kompetisie

Volwassenes Blokraaisel – Volwassenes en hoërskoolleerders Die verstekposisie is dat Bybelverwysings uit die 2020-vertaling kom. Waar dit nie die geval is nie, word spesifiek na die ander vertalings verwys (“(53)” en “(83)”). Hoofletters moet verkieslik gebruik word en die spelling moet korrek wees. Leestekens (deeltekens, kappies, aksenttekens, ens) moet gebruik word, maar is opsioneel indien ... Lees verder

Kinderkerk 10 jaar oud

Liewe gemeente   Moeilik om te glo, maar ons Kinderkerk het wraggies hierdie jaar ons 10 jaar mylpaal bereik.  Ek kan nog goed onthou hoe ons inligting ingewin het om ‘n Kinderkerk erediens te begin, en ek en Hannes het selfs ‘n gemeente in Tableview besoek om te sien hoe hulle dinge doen.  Op die ... Lees verder