Nuus uit die Fondse Kommissie

Liewe De Eike-familielid, Wat sê ‘n mens aan die begin van ‘n nuwe jaar, wat voel asof dit al maande lank aan die gang is? (Of voel dit net vir my so?)  Erger nog: wat sê ‘n mens oor die kerk se finansies? Of ons dit nou wil weet of nie, ons finansies is die ... Lees verder

Elmari se getuienis oor tiendemaand

Liewe De Eike-lidmaat,   Ek blaai deur die Nuwe Testament om te sien wat die Bybel sê oor dankbaarheid en iets val my op.  Lees gerus saam met my:   Fil.4:4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! (‘83-vertaling)   Fil. 4:6 Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles ... Lees verder

Dankbaar oor die “Klein dingetjies”

Ek blaai vanoggend deur my dankbaarheidsjoernaal en kyk terug op die afgelope maand se inskrywings.  Dit vul my met ‘n oorweldigende gevoel van dankbaarheid dat ek só geseënd mag wees.  Ek sê meestal dankie vir die mense in my lewe.  Soms vir die voëls in my tuin, en soms wanneer ek aan niks spesifieks kan ... Lees verder

Rentmeesterskap April 2024

Die woorde van Koos du Plessis se Gebed bly die afgelope week in my kop draai: “Wat ek is, is net genade, Wat ek het, is net geleen” En hoe waar is dit nie? Wat – en wie – ek is in Christus, is net loutere genade.  Daarom leef ek in dankbaarheid. Wat ek het ... Lees verder

DIE KOSMANDJIE – ‘n Aksie van die Getuieniskommissie

So lyk die itemlys van basiese kruideniers-, toiletware en skoonmaakmiddels wat in De Eike se spens benodig word om lidmate in ‘n krisissituasie te help. Hierdie lys is saamgestel deur na verskeie noodlenigingsorganisasies se programme te kyk. Ander items word ook met groot waardering ontvang, maar die fokus bly die basiese lys, en aankope word ... Lees verder

Oktober is Tiendemaand

Liewe De Eike-lidmaat, Dit is sowaar alreeds Oktober-maand en gedurende Oktober vier ons tradisioneel ons Dankbaarheid. Ek wil graag ‘n paar gedagtes rondom dankbaarheid deel, en dan wil ek jou persoonlik uitdaag. Agtergrond: (ek haal aan uit “ ‘n Reënboog vol verrassings” van Nina Smit) In die LIG van Augustus 2014 vertel die redakteur, Francine ... Lees verder

NABETRAGTINGSVERSLAG NA DIE NUWERUS UITREIK VAN 1 TOT 3 September 2023

INLEIDING Matteus 28:19  Beveel en roep ons aan om na al die nasies te gaan en hulle dissipels te maak van Jesus Christus.  Dit is ‘n opdrag wat Jesus aan Sy dissipels gegee het net voor Sy hemelvaart.  Daardie opdrag is steedss geldig en ons as dissipels van Jesus Christus moet daaraan gehoorsaam wees.  Die ... Lees verder

De Eike se Finansies

Liewe vriende, Ek sê graag baie dankie vir elke bydrae wat ons ontvang.  U gereelde bydrae maak dit vir ons moontlik om met ons gemeentelike dienswerk voort te gaan en ons roeping as gemeente uit te leef. Die Fondse Kommissie doen ook graag sy verantwoordelikheid gestand om gemeentelede in te lig rakende die spandering van ... Lees verder