Kinderkerk

Ons oorweeg dit baie sterk om weer die voorskoolse maats volgende jaar te skuif na die Kleuterkerklokaal, indien die spasie ons toelaat. Ons voorskoolse maats kry nogal swaar in die lang erediens tydens Kinderkerk.  Hulle sal dan ook hulle eie leerplan volg wat reeds aangekoop is, en heeltemal op hulle ontwikkelingsvlak aangebied word. Om sodanige ... Lees verder

Fliek 30 November 2018

Die Junior Kerkraad (Jeug kommissie) bied op Vrydag 30 November 2018 ‘n fliekaand hier aan. ‘n Reuse skerm word op die parkeerterrein opgeslaan en almal geniet die fliek GREASE saam in die buitelug. Heerlike verversings sal te koop wees. Kaartjies teen slegs R60 is by die kerkkantoor beskikbaar.     Lees verder

Tiende Maand DANKOFFER

Komende Sondag is dit ons Dankofferfees. Ons Dank die Here terwyl ons ons seëninge tel. ONS IS – DAADWERKLIK DANKBAAR Hierdie dankoffer is jou kans om die Here te dank vir die ongetelde en onverdiende seëninge wat ons daagliks van Hom ontvang.  Ons dankkoeverte is `n manier waarop ons dankbaarheid op `n daadwerklike manier uitgespreek ... Lees verder

Uit die enjinkamer van Eiendomme

Ons by Eiendomme wil graag fisiese waarde toevoeg aan ons gemeente se nuut verwoorde visie naamlik “In die voetspore van Jesus”.  Daarom streef ons daarna om die aanbiddingskompleks as ‘n veilige en funksioNerénde eenheid in stand te hou. Die afgelope tyd is daar indringend gekyk na die kompleks en is daar areas uitgewys wat aandag ... Lees verder

Nuus vanuit die Fondse Kommissie

Ons herinner aan ons tema vir die Tiendemaand Dankofferfees:  “Tel jou seëninge”.   Indien julle nog nie ‘n koevert van julle dienswerker gekry het nie, vra hom/haar asseblief, of gebruik ‘n gewone koevert (gemerk “Tiendemaandoffer”) vir die Dankofferfees op 28 Oktober. Julle is ook welkom om die Tiendemaand dankoffer elektronies per EFT oor te betaal.  Gebruik ... Lees verder

Uit die Fondsekantoor

Die Kerkraad het tydens sy vergadering op 13 September die volgende besluit geneem: Wanneer ons kontrak met ds. Jandré aan die einde van Mei 2019 ten einde loop, sal daar nie ‘n derde voltydse leraarspos geskep word nie.  Die rede daarvoor is dat ons huidige finansiële posisie dit nie toelaat nie. Ek kan u verseker ... Lees verder

Die Vroue se uitreik na Huis De Kuilen

Voel dit nie dikwels asof Vrouekommissies in die huidige milieu tot weinig meer as “koek-en-tee”-kommissies afgewater geraak het nie? Nogtans is iets te ete en iets te drinke juis ‘n manier om ons gasvryheid en omgee te bewys en so diensbaar te wees in ons gemeentes en gemeenskappe. Die Vrouekommissie van Kuilsrivier-De Eike het op ... Lees verder

Uitnodiging na Tienerkamp deur Junior Kerkraad:

As jy lus is vir avontuur of net ‘n breek van die lewe wil vat en kom stil raak in die teenwoordigheid van die Here, sal jy beslis die naweek van 12 tot 14 Oktober 2018 moet oophou om saam met die Junior Kerkraad op De Eike se heel eerste Senior kategese kerkkamp te gaan. ... Lees verder

Vrouesondag – 19 Augustus 2018

Die Kommissie vir Vrouelidmate is baie opgewonde om jaarliks in Augustus ‘n vrouepredikant op die kansel te verwelkom ter viering van Vrouedag.  Eerskomende Sondag bring ds. Carike Hanekom van Sonstraal-gemeente vir ons die boodskap – kom luister gerus! Sondag is dan ook die geleentheid wanneer ons die Vrouedankoffers insamel.  Hierdie jaar is vro(u)like pers koevertjies ... Lees verder