Ons is almal één familie – Elmari Schwenke-van der Walt

Liewe De Eike-familielid, Ek het vroeg in Maartmaand ‘n reünie by my universiteitskoshuis bygewoon.  Baie dinge het verander gedurende die afgelope 20 jaar sedert ek daar ‘n inwoner was.  Ek was heel nostalgies om te verneem dat die interkomstelsel* so 2 jaar gelede ingegee het en nie herstel kan word nie en dat die telefoonhokkie* ... Lees verder

Dankbaarheid – Franci Gresse

Ek het onlangs die boek Prison to Praise van Merlyn Carothers vir ‘n tweede keer gelees, en dit het my weereens diep geraak. Die boek vertel Mnr Carothers se lewensverhaal, van hoe hy as ‘n absolute rebel (wat selfs in die tronk was) deur die Here verander is om later as kapelaan in die weermag ... Lees verder

Vrouedankoffer Augustus 2020

‘n Dankbare vrou kan uitgeken word aan die volgende eienskappe: Sy is altyd dankbaar vir die oorvloedige seëninge in haar lewe. Sy bewys altyd haar waardering aan diegene wat haar help. Sy verkies om te fokus op dÍt wat sy het, eerder as op dÍt wat sy kortkom. (uittreksel uit ‘n artikel deur Chanèle McFarlane) ... Lees verder

Kospakkies

Liewe gemeente, ek bly verstom, wil sommer hande klap. Die Here werk beslis in ons gemeente se harte, maar meer nog, as ek na die bestanddele kyk, hoeveelhede en soorte, dan weet ek dat julle luister. Ek ervaar dat die reaksie op ons spesifieke vrae t.o.v. soorte bestanddele, ‘n bewys is dat hierdie weeklikse nuusbrief ... Lees verder

Kospakkies

Liewe gemeente, ek dink u sal die volgende waardeer. Verlede Saterdag skakel ‘n jong vrou my om te vra of ons haar ouers kan help met ‘n kospakkie. Ek vra bietjie uit en bepaal dat die mense hier naby ons bly. Die gesin is ‘n egpaar (nou werkloos sedert die inperking begin het) wat na ... Lees verder

DE EIKE SE FINANSIËLE DIEETPLAN

‘n Jaar gelede sou ons nooit kon glo hoeveel 2020 se werklikheid sou verskil van dÍt wat ons vir onsself in die vooruitsig gestel het nie.  Sommer so sonder waarskuwing, is só baie van die planne wat ons gehad het, nie meer uitvoerbaar nie.  Dit stel ons daagliks voor die uitdaging om nuwe planne te ... Lees verder

Nuus uit die UK-vergadering

Die UK (Uitvoerende Kommissie) het oor ‘n hele paar sake gesels en besluite geneem, waarvan die vernaamste die volgende is: Die Gemeente se finansies: Covid-19 het nie net aan die staat se begroting groot veranderinge aangebring nie, maar het ook De Eike se begroting radikaal geraak. Ons Finansies-voorsitter begroot tans vir ‘n R440 000 tekort ... Lees verder

Kospakkies

Liewe gemeente, ek staan weereens verstom om God se genade te sien en te beleef deur die reaksie op die “Drop&Go”-projek. BAIE dankie vir u deelname, u gesindheid, u goedheid en u omgee.   Ons ontvang weekliks voorraad om ons kospakkies op te maak. Om die waarheid te sê, het ons baie meer ontvang as ... Lees verder

Die Drop & Go

Dis met soveel dankbaarheid dat ons terugrapporteer dat die “Drop & Go”-projek alle verwagtings oortref. Lees verder

Al is ons kerkgebou se deure toe, is ons harte oop

Ons kerkgebou se deure bly voorlopig steeds gesluit, maar God se deur staan nog altyd wawyd oop.  In Jes. 59:1 staan daar: “Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en Sy oor is nie te doof om te hoor nie.”   Ons God is groter as ons omstandighede en ... Lees verder