Elmari se bydrae

VERTROU GOD IN ALLES Ons lewe in onseker tye en in die omstandighede waarin ons onsself nou bevind, is ons selfs meer akkuut bewus hiervan.  Vir ons as God se gemeente is dit egter nie ‘n rede tot kommer nie.  Ons kan steeds in alle tye en in alle omstandighede op God vertrou. Kyk wat ... Lees verder

Die Wêreldbiddag 2020

Die tema vir die 2020 Wêreldbiddag is: “Staan op! Neem jou slaapmat en loop.”  By ons geemeente word die byeenkoms op Vrydag, 6 Maart, om 9:30 in die kerk gehou. Die geleentheid is nie net tot vroue beperk nie en almal is dus ewe welkom om dit by te woon.  Hilze Malherbe kom deel haar ... Lees verder

1ste KWARTAALBRIEF VIR OUERS VAN KINDERKERK 2020

Kliek hier om die pragtige brief te lees. Lees verder

Rentmeesterskap

Ek hoor dikwels mense sê dat die kerk nie ‘n besigheid is nie.  Ek stem saam, en gee toe dat die kerk in baie opsigte anders as ‘n besigheid funksioneer.  Dit beteken egter glad nie dat ons daarvan vrygestel is om gesonde besigheidsbeginsels toe te pas nie.  Die feit dat die gawes waaroor ons as ... Lees verder

Franci oor die Kategeseskool

Senior Kategese: Alpha Met die reuk van warm sjokolade en malvalekkers stap die seniors in die saal in vir hulle eerste Alpha episode, bietjie onseker oor hoe die ervaring gaan wees, met ‘n vreemde man wat vriendelik vir hulle groet voor in die saal. Tafels en stoele uitgepak in groepe vergader hulle by ‘n bietjie ... Lees verder

HOE VEILIG IS ONS GEMEENTEFONDSE?

Daar het in Die Kerkbode van 21 Augustus ‘n rubriek verskyn na aanleiding van gevalle van diefstal by verskeie gemeentes.  Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om daarop te reageer. Die rubriek is geskryf deur Ds. Danie Mouton (Direkteur: Sinode van Oos-Kaapland).  Hy noem ‘n aantal werklike voorbeelde van gevalle waar diefstal, bedrog ... Lees verder

Die Getuieniskommissie

Die Getuienisaksie is tans betrokke by heelwat aksies. Om maar ’n paar te noem: Kalkfontein se Veeldoelige sentrum, Maatskaplike werkers by die skole, Huis de Kuilen, Kos vir skole, Green Park en Huis Sonop. Die Geloofbelofte offers resorteer ook onder hierdie kommissie en uit die fondse wat ons so in, word hulp verleen waar dit ... Lees verder

NED. GEREF. KERK KUILSRIVIER–DE EIKE EIENDOMSKOMMISSIE

Verslag vir die die Akker – September 2019    Graag lewer ons as Eiendomskommissie ‘n kort oorsig oor al die aktiwiteite van die Eiendomskommissie die afgelope paar maande van die huidige finansiële jaar.   Algemene instandhoudingswerk van kerkkompleks en die pastorie word uitgevoer volgens ons kort-, medium- en langtermyn werksdokument volgens die goedgekeurde begroting vir ... Lees verder

Nuus uit die Kommissies:

Leer ken die UK Miskien kan ons begin deur net die UK (uitvoerende Kommissie) aan julle voor te stel. Wie is hulle en wat doen hulle? Wel om mee te begin, kan jy tog nie die hele kerkraad byeen roep vir elke besluitjie wat in ‘n gemeente geneem word nie. Daarom het ons ‘n UK, ... Lees verder

De Eike se Dankofferfees 27 Oktober 2019 – Stories van Dankbaarheid

Kom kyk en luister wat se De Eike se lidmate oor dankbaarheid, kliek op die DATUM om te kyk na die video. 1 September 2019 George Loots en Petra Wickens – Ons is Verlossings-Dankbaar 8 September 2019 Susan Blanché, Charles Wolvaardt en Anna van Wyk – Ons is Gesondheids-Dankbaar 15 September 2019 Petro v/d Heever ... Lees verder