Fondse terugvoer

Liewe vriende, Ek gee graag terugvoer rakende Maart en April se syfers (met Februarie se syfers vir vergelykings-doeleindes):   Beide Maart en April se syfers is beter as Februarie s’n, waaroor ons baie dankbaar is.  (April se maandelikse dankoffers sluit wel ‘n enkelbedrag-bydrae van R55 000 in.)  Dit is dalk ook nuttig om die maandelikse ... Lees verder

Elmarie oor finansies:

Die VSA en Kanada vier hierdie jaar “Thanksgiving” op Donderdag, 24 November.  Dié dag is in 1789 vir die eerste keer gedenk as ‘n dag van gebed en danksegging – spesifiek vir die oestyd wat gewoonlik gedurende November afgehandel word.   Ons gemeente het die gebruik om die laaste Sondag van elke maand as ‘n ... Lees verder

Tiendemaanddankoffer 2022

Die Israeliete is reeds vroeg in die Ou Testament geleer om dankoffers aan God te bring. Lev. 27:30: “Een tiende van al die produkte van die land behoort aan die Here, of dit nou graan of vrugte is.  Dit is aan die Here gewy.” Deut. 14:23b: “Jy moet die tiende opsy sit van jou koring, ... Lees verder

Oor die Tiende maand dankoffer

Liewe De Eike-lidmaat, Jy behoort eersdaags jou Tiendemaand-dankofferkoevert te ontvang en jy mag dalk agterkom dat daar nié hierdie jaar weer ‘n briefie in die koevert verskyn soos in die verlede nie.  Ek verduidelik hoekom: Die koste van papier het die afgelope jaar met 50% gestyg – en dit sal waarskynlik verder styg namate beskikbaarheid ... Lees verder

Die senior Tee

Na ‘n afwesigheid van 2 jaar, kon die Kommissie vir Vrouelidmate die afgelope week weereens die gewilde Senior Burgertee aanbied – alhoewel dit ampertjies deur beurtkrag in die wiele gery is!  Gelukkig kon ons ‘n kragopwekker leen en die oggend kon voortgaan. Die gaskunstenaar was Belia Lourens.  Die naam Belia beteken “Belofte van God” in ... Lees verder

Terugvoer van Fondse Kommissie Augustus 2022

Ek graag terugvoer rakende die afgelope 3 maande se syfers: Junie 2022 Julie 2022 Augustus 2022 Maandelikse dankoffers 165 487 171 113 186 408 Totale inkomste 284 411 241 781 289 473 Totale uitgawes 306 204 305 686 317 215 Surplus / (Tekort) (21 793) (63 905) (27 742)   Ek wil baie dankie sê ... Lees verder

Fondse Kommissie Augustus 2022

Ek gee graag terugvoer rakende afgelope 3 maande se syfers:     Mei 2022 Junie 2022 Julie 2022 Maandelikse dankoffers 179 652 165 487 171 113 Totale inkomste 557 947 284 411 241 781 Totale uitgawes 402 100 306 204 305 686 Surplus / (Tekort) 155 847 (21 793) (63 905)   Ek herinner u ... Lees verder

Wêreldbiddag vir Vroue 4 Maart 2022

De Eike het op Vrydag, 4 Maart, saam met miljoene vroue van regoor die wêreld die 2022 Wêreldbiddag vir Vroue gedenk.  Die tema, gekies deur Engeland, Wallis en Noord-Ierland, was “Ek weet wat Ek vir jou beplan” uit Jeremia 29.  Luister gerus hier na Ds. Ankia du Plooy se boodskap. Lees verder

Geloofbelofte-offers 2022/2023

    Wat is dit?    Geloof:  Om die Here te vertrou, Hy sal  dit voorsien wat Hy op my hart gelê het om te gee. Belofte:  Ek belowe hiermee om die geld te gee soos wat die Here dit voorsien. Offer:  Ek onderneem om ‘n bydrae te maak – selfs al vra dit opofferings ... Lees verder

Tiendemaand 2021 opvolg

Ek herinner graag aan ons Tiendemaand-dankofferinsameling wat hierdie jaar op 31 Oktober plaasvind. Die Tiendemaand-dankoffer is vir ons ‘n geleentheid om onsself opnuut aan die Here toe te wy – ook wat ons finansies betref. Die laaste gedeelte van Deut. 14:23 sê ons moet ‘n tiende opsy sit, “sodat jy kan leer om die Here ... Lees verder