VROUESONDAG – 18 AUGUSTUS 2019

Hierdie Sondag preek ds. Nioma Venter ter viering van Vrouesondag – kom luister gerus! Sondag is ook die geleentheid wanneer ons die Vrouedankoffers insamel.  Ons het hierdie jaar vro(u)like pienk koevertjies uitgedeel, maar as joune jou dalk nie bereik het nie, kan jy ook ‘n gewone koevert gebruik.  (Merk dit asseblief met die woord “Vrouedankoffer”.) ... Lees verder

Vir die vroue

Liewe Mevrou en Mejuffrou, Ek wil jou gou daaraan herinner dat jy belangrik is in God se koninkryk en dat jy ráákgesien word in die NG Kerk.  En ook nie net in Vrouemaand nie!  Daar is selfs ‘n permanente Taakspan vir Vrouebediening op Sinodale vlak. Die nuusbrief wat hierdie taakspan opstel is só propvol pitkos, ... Lees verder

Tiaan oor Kinderkerk

“Dis vir my ‘n groot voorreg om elke Sondag hierdie spulletjie te kan sien en tyd saam hulle deur te bring. Nie net het ons hope pret saam nie, maar elkeen van hierdie kinders kom kinderkerk toe met vreugde en liefde vir Jesus in hulle harte. Vandag se les het gegaan oor Pinkster wat binnekort ... Lees verder

‘n Fondsinsamelingstaakspan vir De Eike

Die visie van die Fondse Kommissie is om goeie finansiële bestuur toe te pas om ‘n gesonde finansiële posisie vir die gemeente te verseker, terwyl terselfdertyd aan die gemeente se behoeftes én aan die Kerk se roeping, voldoen word.  Met ander woorde: die Fondsekommissie se fokus rus hoofsaaklik op die oordeelkundige besteding van ons beskikbare ... Lees verder

Sinodale Vrouebyeenkoms 10 April 2019

‘n Paar van ons vrouelidmate was bevoorregd om op 10 April die Sinodale Vrouebyeenkoms by Eensgezind by te woon saam met vroue van ander gemeentes regoor die Wes-Kaap. Die weer was effens koel en mistig vroegoggend, maar die warm atmosfeer het ons sommer met die intrapslag reeds welkom laat voel.   Die Zamar musiekgroep het gesorg ... Lees verder

Liewe Vrouelidmate

Ons Sinodale Byeenkoms vir Vrouelidmate vind plaas op 10 April 2019, by Eensgezind, net buite Durbanville. Ons nooi alle Vrouelidmate om hierdie dag saam met ons te geniet. Ons begin om 9h00 (registrasie van 8h15) tot 13h00 (Koste R150 per persoon). Die Taakspan Vrouebediening fokus op vroue se geloofsreis en sien uit daarna dat ons ... Lees verder

Die Fondse Kommissie berig:

Oorsig oor die 2018/2019-jaar: Ons staan voor die Here in diepe afhanklikheid en met groot dankbaarheid vir die seën wat ons gemeente die afgelope jaar beleef het.   Alhoewel die doelwit wat ons vir die Legkaartprojek gestel het, nie bereik is nie, het ons met ons ander 3 groot fondsinsamelings gesamentlik ‘n verstommende R121,000 meer ingesamel ... Lees verder

Geloofbelofte-offers – ‘n ander soort Genade

As ek na die syfers van die beloftes en die uiteindelike resultaat van die offers kyk, kry ek altyd so’n “smile” van verstomming. Dis ‘n opheffende ervaring, ‘n ervaring wat my geloof elke keer sterker maak dat my God se werke baie ver bo my begrip is. Ek deel net ‘n paar redes: Lidmate beloof, ... Lees verder

16 Februarie 2019 – Boeresport

Onthou van die Boeresport en gemeentebraai wat deur die Junior Kerkraad gereël is vir Saterdag 16 Februarie. Lees verder

Alpha 2019

1.  Bekendstelling – 17 Januarie In 2018 was Alpha vir die eerste keer by De Eike aangebied. Aan die begin was ons bloot ‘n klomp vreemdelinge met vrae oor ons geloof en die lewe, maar aan die einde was ons ‘n groot groep vriende, ‘n familie wat mekaar bemoedig en ondersteun. Hierdie jaar bied ons ... Lees verder