Kleuterkerk: 15 Besige Bye vir Jesus Ouderdomme 3 tot 6 jaar.

Ons kleuters woon getrou Sondae die Kleuterkerk by. Ons is dankbaar teenoor elke ouer, wat so mooi hul doopbelofte nakom. Die ouers laat weet getrou, indien hul kleuters nie Sondae teenwoordig kan wees nie.   Die kleuters woon die Kleuterkerk sonder hul ouers by. Hul het mooi aangepas, en hul is in roetine. Ons volg ... Lees verder

Nuus uit Varanasi:

Liewe Vriende, Dis ‘n voorreg om julle in die wonderlike naam van Jesus te groet! Ons vertrou dat dit goed met julle gaan en is dankbaar om hiermee weer ‘n bietjie terugvoer te gee van ons doen en late.   Dit is ‘n besige tyd vir almal van ons. Ons loof die Here vir sy ... Lees verder

VGK Koelenhof het ons genooi na hulle Jeugdiens op 17 Maart 2024

Wat ‘n genade! As Jeugkommissie bou ons al van Maart 2022 ‘n verhouding met VGK Koelenhof. Dis ‘n voorreg om die oggend weer daar in hulle kerk se banke te sit en terug te dink aan die pad wat ons saam geloop het. Ek besef ook hoe belangrik dit is dat ons ons stories vertel ... Lees verder

Waaroor is De Eike se kinders dankbaar?

Riëtta vertel: By die Kinderkerk het ons ‘n groot glasfles waarin ons dankbaarheidsbriefies ingooi vir Jesus.  Ek het dit onlangs ‘n bietjie leeggemaak, en die volgende gevind.   Waarvoor sê ons kinders dankie? Om te kan lewe Dat Jesus by ons is Mamma en Pappa Om kerk toe te kom ‘n Bed ‘n TV ‘n ... Lees verder

Rentmeesterskap April 2024

Die woorde van Koos du Plessis se Gebed bly die afgelope week in my kop draai: “Wat ek is, is net genade, Wat ek het, is net geleen” En hoe waar is dit nie? Wat – en wie – ek is in Christus, is net loutere genade.  Daarom leef ek in dankbaarheid. Wat ek het ... Lees verder

GEBEDSVERSOEK

Ons gemeente en Burger-pastoriepaar gaan vanjaar, 2024, ‘n jaar van turbulensie binne. Na meer as 32 jaar by Kuilsrivier De Eike tree Ds Hannes teen die middel van die jaar af maar ons is so gelukkig om hom nog in diens te kan hê in ‘n kontrakpos tot die einde van die jaar.   Vir ... Lees verder

Jan Kriel Nuusbrief – Februarie 2024

  Donateurnommer: 107991 Liewe Vriende Die jaar 2024 is in volle swang en Jan Krielskool se eerste akademiese toetsreeks begin al volgende week! In hierdie nuusbrief berig ons graag oor 2023 se Liggieboomfees  (? hoogtepunt op Jan Kriel se kalender), ons is dankbaar vir uitstekende akademiese uitslae in 2023 regdeur al ons grade, verwelkom twee-en-dertig ... Lees verder

En hiermee dan die terugvoer van die Strategiese Beplanning:

GAWES VAN DIE HERE AAN DE EIKE Op ons vorige vergaderings het die kerkraad begin besin oor hoe ons die positiewe dinge in De Eike (oftewel gawes wat God aan die gemeente gegee het) kan uitbou. Hier is so ‘n kort samevatting van wat ons toe gesê het, voordat ons weer verder gaan. Die Samehorigheid ... Lees verder

Ons het die volgende van Lizelle gehoor:

Die Kleuterkerk van ons gemeente “Die Besige Bytjies vir Jesus” is vreeslik opgewonde en dankbaar. Ons is besig om te vermeerder in ons gemeente.   Op hierdie stadium, staan ons op 19 Bytjies wat geregistreer het – ouderdomme 3 tot 6 jariges.   Ek wil ook my opregte waardering uitspreek vir elke ouer/voog, wat hul ... Lees verder