Stéphan se brief

Beste Chris, Hannes en Johan, NGK Kuilsrivier-De Eike kerkkantoor Ek hoop en vertrou dit gaan goed met julle in Kuilsrivier t.m.v. al die nuwe uitdagings rondom die pandemie wat uitkring. Hier in Kobe is ons genadiglik gesond en steeds aan die gang by die kweekskool en kerklike bediening – met noodsaaklike aanpassings en voorsorgmatreëls in plek.   Soos julle weet is ... Lees verder

Fotos uit Green Park

Ons wys ook hier fotos wat Elsabé die week in Green Park geneem het toe ‘n weldoener die mense daar tegemoetgekom het. Lees verder

Nuus uit Huis Sonop

Daar word nou juis pakkies gereed gemaak vir die inwoners daar, wat baie swaar kry in hierdie tyd. Bid asseblief ook vir hulle! Lees verder

‘n Woordjie van Thea se kant

Ons mag ons dalk nie almal vermoei met óf ons bekend óf buitengewoon suksesvol is nie, maar ek twyfel of daar iemand is wat nie die versekering wil hê dat hy of sy geliefd is en aanvaar word nie. Meeste van ons wil bemin word vir wie ons werklik is – daarvoor die ewige stryd ... Lees verder

Baba Dogter vir Ds Jandré en Christelle

Daar is ook baie goeie nuus uit die Viljoen-pastorie in Ceres. Jandré en Christelle se dogtertjie, Amari, is op Jandré se verjaardag (10 Mei 2020) gebore.  Baie geluk aan hulle al vier!!! Die pragtige fotos wys die trotse pa, ma en boetie.                       Nuweling Amari  ... Lees verder

DE EIKE SE “DROP & GO” – PROJEK

Vanaf Dinsdag 28 April 2020, kan jy een keer per week op ‘n Dinsdagoggend tussen 10:00 en 11:00 jou bydrae tot De Eike se koskas in ’n sakkie op De Eike se parkeerterrein kom aflaai. Ds Chris en Tim sal daar wees om die voorraad in ontvangs te neem. Gebruik motorhek aan die kant van ... Lees verder

Bless a Baby

Thea sou op 1 Mei ‘n tee in die saal hou vir “Bless a Baby”. Sy vra nou: “Aangesien dit nie op die oomblik moontlik is nie, het ek gedink om die wat kan naaldwerk doen solank bewus te maak van wat hulle nodig het” Lees verder

Grendeltyd-nagmaal

Van die aangrypenste getuienisse van lidmate in dié tyd van Pase, was julle reaksie op die eredienste. Ons het selde vantevore sóveel terugvoer gekry – ook oor hoe mense Nagmaal op hulle eie gehou het op Goeie Vrydagoggend, en wat dit vir julle as gesinne beteken het. Baie, baie dankie daarvoor. Baie dankie vir elke ... Lees verder

SNAPSCAN

In vandag se moderne era word kontant al hoe minder as betaalmiddel deur veral die jonger generasie gebruik. Ek lees onlangs in ‘n e-pos vanaf die bank, dat die gebruik van tjeks ook teen die einde van 2020 heeltemal uitfaseer gaan word.   Daar is egter heelwat alternatiewe maniere om vandag  betalings te maak. Een ... Lees verder

Gebedsbrief van Harvester Ministries (ons ondersteun hulle deur ons GBO)

Dit is nou die tyd om ‘n groot impak te maak. Jou gebede is in hierdie dae baie nodig. Beste Harvesters Partner Elke keer as ek ‘n uitdaging in die gesig staar, dink ek aan Filippense 4: 6–7: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en ... Lees verder