SA Kerkorreliste Vereniging se Algemene Jaarvergadering 2020

Liewe Gemeente Die SA Kerkorreliste Vereniging het by sy 2020 Algemene Jaarvergadering die Streeksverteenwoordigers versoek om ‘n kort video te maak van hulle onderskeie streke.  My suster, Erna Rademan van Vredefort, is die Vrystaat se verteenwoordiger.  Julle sal onthou dat sy verlede jaar saam met my en ons jonger suster, Karin Michau van Ceres, op ... Lees verder

Die versoek aan ons jongmense

My naam is Jacques Myburgh.  Ek is leraar van die NG Gemeente Noordoos-Pretoria.  Ek is tans ‘n PhD student by die Universiteit van Pretoria, onder leiding van Prof Malan Nel.  Soos elkeen van u sekerlik  bewus is daal die lidmaattal onder jonger lidmate teen ‘n toenemende spoed onder hoofstroomkerke en ongelukkig is Suid-Afrika se Gereformeerde kerkdenominasies nie hierteen bestand ... Lees verder

Uit Danie Murray se pen

Liewe ondersteuner   Hier is ‘n foto van ‘n erediens van die kerk in Mosambiek. Weens die pandemie kon die gemeentetjies nie meer byeenkomste hou nie. Daar is egter nou weer ‘n geleentheid.   Pandemie getalle in Mosambiek: Hier kan ons sien dat die getalle nie baie hoog is nie en dat daar ‘n afname ... Lees verder

Gebedsbrief van die Bybelgenootskap

13 – 19 Sep Malta: Bid dat die Bybelgenootskap sal kan voortgaan met die uitvoer van sy missie op verskeie maniere en met verskillende programme om in die Bybelbehoeftes van almal in die land te voorsien. Turkye: Dank die Here vir die 200-jarige herdenking van die Bybelgenootskap in Turkye vanjaar. Bid dat ons aktiwiteite daartoe ... Lees verder

‘n Versoek van Riëtta

Hallo liewe gemeente-vriende Ek en Lize Fölscher is nog steeds doenig met die Durbanville kinderhuis satelliethuis, Huis LILI, alhoewel sy nie meer ‘n betaalde werknemer daar is nie.  Ons funksioneer nou saam as vrywilligers.  Lize doen tans die Alpha-kursus met die kinders, en lê dus gereeld besoek af daar.  Die kinders is baie lief vir ... Lees verder

Gebedsbrief van die Bybelgenootskap

6 –12 Sep Libanon: Bid vir ons Sentrums vir Uitnemendheid. Hierdie sentrums dien die Kerk in die Midde-Ooste met God se Woord deur vertalings, publikasies, verskillende projekte en programme. Bid dat dit kinders, jongmense en volwassenes van hulp sal wees. Jordanië: Bid vir die Bybelgenootskap in Jordanië se plan om ’n Bedieningsentrum in plek te ... Lees verder

‘n Interessante stukkie Bybelse trivia

O, jou kleingelowige! Ek moes vanoggend lag vir my eie onvolmaakte menslikheid. Ek het hierdie stukkie voorheen al raakgelees, maar iemand het dit vanoggend weer vir my aangestuur. Het jy geweet? Psalm 118 is die middelste hoofstuk in die Bybel. Psalm 117, net voor Psalm 118, is die kortste hoofstuk in die Bybel. Psalm 119, ... Lees verder

Die mees geliefde kerklied: ‘n versoek

So wat is die mees geliefde kerklied in die onderskeie Afrikaanssprekende gemeentes in Suid-Afrika? Ek het self oor hierdie vraag nagedink toe ek in ‘n populêre artikel lees dat die BBC elke vyf jaar of so hul luisteraars vra om een gunsteling kerklied te kies uit ‘n steekproef van meer as 150 kerkliedere. Op Oujaarsaand ... Lees verder

Gebedslys van die Bybelgenootskap

30 Aug – 5 Sep Arabies-Israeliese Bybelgenootskap: Bid vir nuwe geleenthede om Bybelbetrokkenheid te bevorder en vennootskappe met die Palestynse Kerk en gemeenskap te sluit. Bid vir vrede in Jerusalem. Bid vir ons toewyding om die Woord van God aan die Arabiese Isreali’s wat in Israel woon beskikbaar te maak. Israel: Dank die Here vir ... Lees verder

Gebedsgids van die Bybelgenootskap

23 – 29 Aug  Algerië: Bid dat die druk wat die owerhede op die kerke en die Bybelgenootskap plaas, sal verlig. Bid dat die Bybelgenootskap sal kan voortgaan om in hierdie land te werk. Egipte: Bid vir ons terwyl ons voortgaan om ons werksaamhede in Bybelverspreiding en Bybelbetrokkenheid uit te brei. Bid vir ons fondsinsamelingspogings ... Lees verder