‘n STUKKIE AGTERGROND OOR DIE KINDERKERK

Ons Kinderkerk is gestig in Augustus 2014, en is dus nou 6 jaar oud.  Daardie jaar se graad 6’e was net 5 maande met ons, en moes toe oorbeweeg na die aanddiens in graad 7. Hulle is hierdie jaar in matriek, en het reeds belydenis van geloof afgelê. Komende Sondag sê ons totsiens vir 2020 ... Lees verder

DIE SATELIET-HUIS VAN DIE DURBANVILLE KINDERHUIS

Hallo liewe gemeente Ek het nog iets op my hart rondom die satelliethuis van die Durbanville Kinderhuis, Huis LILI. Die kinders se verblyf staan nou einde se kant toe by die kinderhuis, omdat hulle 18 jaar oud is, en klaarmaak met skool.  Die paar kinders wat gekeur is vir beurse om te studeer by Northlink, ... Lees verder

KERSVIDEO : 22 NOVEMBER 2020 : 09:00

Met die inperking vanjaar, én die gevolg dat ons eers nie toegelaat is om eredienste in die kerkgebou te hou nie, het ons deurgedruk met my voorstel dat daar vanjaar ‘n kersvideo gemaak word.  Dit impliseer darem dat 250 gemeentelede dit ín die kerkgebou kan bywoon én dat dit op die web geplaas kan word ... Lees verder

Nagmaal in die tyd van Covid-19

Hierdie naweek gaan ons vir die eerste keer weer saam in die kerkgebou nagmaal vier. Maar natuurlik kan dit nie sommer net “soos altyd” gebeur nie! Om mee te begin, kan ons nie die eredienswerkers met bordjies omstuur nie – die tekens gaan daarom by die deure beskikbaar wees, en jy moet tog onthou om ... Lees verder

Nuus oor die nuwe Bybelvertaling

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika stel met trots die nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel bekend. Die Bybel: 2020-vertaling, is die jongste, mees relevante Afrikaanse vertaling wat saamgestel is uit die nuutste beskikbare brontekste. Die vertaling streef daarna om lesers te laat voel of die Bybelskrywers van ouds in hul eie woorde self die wonderlike liefdesverhaal ... Lees verder

Die Nuwe Bybelvertaling

Die volgende Bybels is beskikbaar Die swart hardeblad Die bruin verwerkte leer uitgawe                                                                                     ... Lees verder

Wynveiling 19 Nov 2020

Goeie Nuus! Gedurende hierdie uitsonderike jaar, kan ons tog iets besonders aanbied! Met die verslapping van die inperkingsbepalings word ons toegelaat om bymekaar te kom! Vanjaar hou ons DV op 19 Nov die 10de De Eike wynveiling by Kaapzicht-plaas. Hierdie is ‘n mees uitsonderlike geleentheid:  Die Kosie Steenkamp-gedenkwynveiling.   Want Kosie was en is tot met ... Lees verder

Danie Murray oor Handevat

Liewe ondersteuner KOORSPENNE Hier is die beloofde terugvoer oor die inkomstes en hoe dit gebruik is. Ek gaan die name van bydraers uitlaat omdat baie nie wil hê dat dit bekend gemaak moet word  nie. 14 Sept  ontvang ons R2000 van iemand 15 Sept Weer ‘n R2000; Twee persone gee R700 en een vra dat ... Lees verder

Danie Murray oor Mosambiek

Liewe ondersteuner Dit lyk asof ek binnekort weer baie van julle kan besoek en persoonlik kom hoor hoe dit gaan. Ek sien baie uit daarna. Hoop intussen dit gaan goed selfs al gaan dit soms swaar. Ek sal eers begin volgende maand kan bevestig, maar deel graag met blydskap dat die getuienis kantoor heel waarskynlik ... Lees verder