Riëtta oor die Kinderkerk

KINDERBEDIENING IS DIE BEDIENING VAN DIE KIND TOT 12 JAAR TOT VOLLE DISSIPELSKAP VAN JESUS, ‘N BEDIEN-ING TOT GEDRAGSVERANDERING.  HOEKOM BESTAAN DIE KERK?  God het die wêreld mooi gemaak.  Die sonde het die wêreld lelik gemaak.  Maar toe het God ‘n plan gemaak, en Sy seun Jesus gestuur sodat die wêreld, deur die verlossing wat ... Lees verder

Gebedslys van Bybelgenootskap

1 – 4 Jan  Guinee:  Bid dat die Woord van God mense se harte sal bereik.  Bid vir die Bybelgenootskap en dat die organisasie se werk ‘n impak op mense sal hê en in hulle Bybelbehoeftes sal voorsien.  Mali:  Mali het ‘n verskeidenheid landstale.  Bid dat die plaaslike Bybelgenootskap bybelse beginsels aan die mense in ... Lees verder

‘n Woord van ‘n uittredende leierspaar by die Kinderkerk

Dit was vir ons ‘n voorreg om 4 jaar te kon deel wees van De Eike se Kinderkerk. Alhoewel dit baie toewyding verg om elke Sondag op jou pos te wees, is daar baie seëninge hieraan verbonde. Een van die grootste seëninge was om die Kinderkerk saam met ons eie kinders te kon beleef. Ons ... Lees verder

Uitstappie na Spice Route

Op Donderdag 14 November om 09:00 het 34 opgewonde senior burgers per bus na Spice Route buite die Paarl vertrek.  As gevolg van padwerke het ons baie stadig gevorder maar uiteindelik by ons bestemming aangekom.  Ons het met die aankomslag afgespreek om mekaar 14:00 weer by die bus te kry. Spice Route het soveel om ... Lees verder

BAIE DANKIE VIR ONS NUWE KERSTONEEL

Vir baie jare al bel ek gedurende Oktober vir Hester Carstens om haar te herinner aan die Kerstoneel wat sy elke jaar voor ons Kersuitvoering in De Eike se voorportaal vir ons maak.  Gewoonlik raap en skraap sy items bymekaar om so min moontlik uitgawes te hê, maar vanjaar het sy gevra dat ons asseblief die ... Lees verder

INContext gebedsbrief

Liewe gebedsvriende Die Wêreldvoedselprogram het op Vrydag 8 November gesê dat bykans ’n miljoen van die 11 miljoen mense in Suid-Soedan deur verwoestende oorstromings geraak is en dat hulle dringend lewensreddende hulp benodig. Die regering het ’n noodtoestand in Bahr el Ghazal-staat, die groter opper-Nyl en Ekwatoria verklaar. Hulle doen ’n beroep op wêreldmagte vir ... Lees verder

Nuusbrief van INContext

Liewe gebedsvriende Op Saterdag 2 November het vreugdesvure in Suid-Afrika hoog gebrand ná die Rugby Wêreldbeker-oorwinning in Japan. “Ons kan enigiets bereik as ons saamwerk,” het Suid-Afrika se kaptein, Siya Kolisi, na afloop van die wedstryd gesê. Suid-Afrika se president, Cyril Ramaphosa, (wat Japan toe gevlieg het om die span te ondersteun) het ’n soortgelyke ... Lees verder

INContext gebedsbrief

Liewe gebedsvriende Op Sondag, 27 Oktober, het die president van Chili, Sebastian Piñera, al sy kabinetslede gevra om te bedank. Hy het hervormings belowe in ’n poging om beheer te herstel na ’n vlaag massa-betogings teen die maghebbers. Wat begin het met studente wat oor draaihekke spring as gevolg van ’n 3.7% prysverhoging in moltreintariewe, ... Lees verder

Senior Burgerklub uitstappie 14 November 2019

Die Senior Burgerklub se uitstappie die vierde kwartaal is na Spice Route naby die Paarl.  Ons bus vertrek om 09:00 op Donderdag 14 November 2019 vanaf De Eike se kerkgebou.  Daar is verskillende dinge te sien (en te proe!) by Spice Route. Senior burgers kan  besienswaardighede besoek wat hulle interesseer, bv glasblaas.  Kostes vir die ... Lees verder

Weeklikse gebedsbrief van INContext

Liewe gebedsvriende Op Sondag 20 Oktober het Libanon se eerste minister, Saad al-Hariri op ’n reeks hervormings met regeringsvennote ooreengekom om ’n ekonomiese krisis, wat landswye protesoptrede tot gevolg gehad het, te verlig. Die betogings het ten doel om die regerende elite, wat beskou word as deurspek met korrupsie en nepotisme, te ontsetel. Betogings het ... Lees verder