INContext – gebedsbrief

Liewe gebedsvriende, In die vroeë oggendure van Saterdag 14 September is Saoedi-Arabië se olieproduksie na bewering in die helfte gesny nadat twee groot olie-raffinaderye in Saoedi oënskynlik deur hommeltuig aanvalle aan die brand gesteek is. Geen ongevalle is aangemeld nie, maar die produksie-stilstand beloop ’n verlies van ongeveer vyf miljoen vate per dag of 5% ... Lees verder

KOORFEES 2019

Wat ‘n wonderlike ervaring! Eers die maande van note leer, inoefening en skaaf aan elke lied, en dan die opbou na “dié aand”. En toe is dit tyd, en ons daag by die NG Kerk Durbanville op, letterlik onder “Strome van seën van bo”!   Koorfees 2019 was spesiaal. Die kore van Durbanville, Kuilsrivier-De Eike, ... Lees verder

Nuwerus Uitreik 2019

Baie van ons het Sondag die foto’s gesien oor die impak van die droogte op die Nuwerus-omgewing. Boodskappe is ontvang van Nuwerus se gemeentelede wat vertel van ‘n droogte wat al 7 jaar lank duur en boere dwing om hul plase te verlaat om werk in die naaste dorp te kry. Alta Meyer vertel dat ... Lees verder

Gebedsbrief van INContext

Liewe gebedsvriende Op 9 September het Bahamiaanse amptenare hul reaksie op orkaan Dorian verdedig nadat dit verlede week dele van die eilande verwoes het. Die regering is gekritiseer oor hul vertraagde reaksie op dié humanitêre krisis en inwoners van die Abaco-eilande het die regering daarvan beskuldig dat hulle versuim het om hulp te verleen en ... Lees verder

Riëtta skrywe vir my só:

Hallo Hannes Ek is tans druk besig om voor te berei vir my praktiese eksamen op 28 September in Centurion.  Volgende kwartaal beoog ek om brokkies met die gemeente te deel oor my kursus, maar sommer nou net ‘n ou klein brokkie : Ek het ‘n rukkie gelede vir die kinders ‘n liedjie laat sing ... Lees verder

Senior Burgerklub uitstappie na Butterfly World

Op Woensdag 11 September het ‘n groep van ongeveer 40 opgewonde senior burgers om 11:00 vanaf De Eike se kerkgebou na Butterfly World by Klapmuts vertrek.  Ons was omtrent 20 minute vroeg (ons afspraak was 12:00) by ons bestemming.  Terwyl ons in die restaurant gewag het, het die eienaar van Butterfly World, Ester, van die ... Lees verder

INContext gebedsbrief

Liewe gebedsvriende Op Sondag, 1 September, is missiele oor-en-weer gevuur langs die grens tussen Israel en Libanon, ná ’n week van spanning tussen dié twee lande. Hassan Nasrallah, die leier van Hisbolla in Libanon, het opnuut bevestig dat die groep op enige Israeliese hommeltuig-aanvalle sal reageer, maar het benadruk dat hulle nie wil hê dat ... Lees verder

INContext

Liewe gebedsvriende Op Sondag 25 Augustus het Brasilië se president, Jair Bolsonaro, militêre operasies in sewe state gemagtig om die brande in die Amasone te bestry. Oorlogsvliegtuie het begin om water op die brandende woude in Rondonia, ’n staat wat deel uitmaak van die Amasone-oerwoud, te stort in ’n poging om die verwoestende brande te ... Lees verder

VERSTAAN DIE STILTE, VERSTAAN DIE NOOD – Biddag vir Dowes – 1 September 2019

Vir meer as 138 jaar lewer die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) dienste aan Dowes en persone met gehoorverlies. NID is ‘n nie-winsgewende organisasie en is afhanklik van die ondersteuning van die publiek om hul in staat te stel om voortdurend hierdie dienste soos onderrig, opleiding, sorg en maatskaplike dienste te kán lewer. Dit gebeur ... Lees verder

Bottelary Primêr – Kinderkerk Projek

Lize stuur vir my Shariska se briefie aan oor ons Kinderkerk se betrokkenheid by Bottelary Laerskool. Sy skrywe soos volg: “Ek wil graag namens die skool vir elke lid van die gemeente, in besonder die kinderkerk, bedank vir die ongelooflike werk wat hulle doen. Die geld wat ingesamel is, word aangewend om vir die kinders ... Lees verder