Donkie, ‘n Komiese Drama

DONKIE, ’n Komiese drama MET Frank Opperman TEKS Dana Snyman REGIE Gerrit Schoonhoven VERVAARDIGER Let’s be Frank In Donkie ontmoet ons mnr. Barry Swart, 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, ’n voormalige model C-skool. Mnr. Swart is ’n man onder druk: Die leerlinge se akademiese prestasie is nie na wense nie en die eerste rugbyspan het vyf wedstryde agtereenvolgens verloor. ... Lees verder

Gebedsbief van INContext

Liewe gebedsvriende Op Sondag 21 Julie is parlementêre blitsverkiesings in die Oekraïne gehou. Hierdie verkiesings is vervroeg nadat die nuutverkose president Volodymyr Zelenskiy op 21 Mei 2019, tydens sy inhuldiging, die parlement ontbind het. Sonder die steun van die parlement sou die president nie daartoe in staat wees om enige hervormings in te stel of ... Lees verder

Liewe Kinderkerk ouers

Ons het al dikwels raas gekry omdat ons die Kinderkerk kinders  verdaag wanneer die hoof erediens nog aan die gang is, en die kinders dan steurend is in die saal.  Ek stem saam dat dit heeltemal onaanvaarbaar is, en die klasleiers probeer regtig om die kinders besig te hou tot die erediens verdaag, wat somtyds ... Lees verder

Gebedsbrief van INContext

Liewe gebedsvriende, Op Sondag 14 Julie in Goma, is die eerste geval van Ebola in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), bevestig. Goma, wat naby die Rwanda-grens geleë is, het ’n bevolkingstal van ongeveer twee miljoen mense en is ’n vervoer sentra vir die streek. Dit is verder as 354 km van waar die ... Lees verder

René se Brief

Liewe De Eike Op Sondagoggend 16 Junie woon drie van my susters ons kerkdiens by De Eike by en ons kerkorrel gaan weerklink! Ons vier is die die dogters van George en Lizzie van Niekerk van Uitenhage en drie van ons is orreliste in ons onderskeie NG Gemeentes.  Die vierde suster, Theresa Troskie, is ‘n ... Lees verder

Gebedsbrief van INContext

Liewe gebedsvriende Dit blyk of die oorlog in Sirië besig is om tot ’n einde te kom soos regeringsmagte, met behulp van Rusland, die laaste gedeelte van die opposisie in Idlib en die omliggende gebiede bestry. Dit bly ’n ingewikkelde konflik met baie rolspelers, insluitend bekende terreurgroepe, opposisievegters en ander nasies. Die oorlog het ’n ... Lees verder

Senior Burger Klub

Soos julle reeds weet, bied ons Senior Burger klub elke kwartaal ‘n uitstappie na die een of ander besienswaardigheid aan.  Die Bestuur het besluit dat ons hierdie kwartaal na die Heart of Cape Town Museum in Kaapstad sal gaan.  Hierdie museum beeld die eerste hartoorplanting in die geskiedenis deur dr. Chris Barnard uit.  Diegene wat ... Lees verder

INContext gebedsbrief

Liewe gebedsvriende Op 19 Mei het ’n bom langs die pad dig by ’n toerbus naby Egipte se piramides ontplof en 17 mense is beseer (insluitende Suid-Afrikaners en Egiptenare). Gelukkig is geen sterftes aangemeld nie. ’n Paar maande gelede, in Desember 2018, is drie Viëtnamese vakansiegangers en hul Egiptiese gids dood toe ’n bom langs ... Lees verder

INContext – gebedsbrief

Liewe gebedsvriende Op 8 Mei word algemene verkiesings in Suid-Afrika (SA) gehou om ’n nuwe Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers in elk van die nege provinsies te kies. Volgens die verkiesingskommissie van SA (OVK) sal daar vanjaar vier-en-veertig partye op die nasionale stembrief verskyn – dit is 19 meer as die aantal partye wat in ... Lees verder

DONKIE

Nuut uit Dana Snyman is pen is DONKIE, wat handel oor ’n Skoolhoof, gespeel deur Frank Opperman, wat die skool-skip moet laat seil midde-in stormsee in ’n nuwe Suid-Afrika. Met ’n lag en ’n traan betree ons die binnewêreld van ’n skoolhoof.  Meer hieroor HIER Lees verder