DE EIKE ROADHOUSE BASAAR – 22 AUGUSTUS 2020

Teen dié tyd het die meeste van ons lidmate al seker gehoor van die Roadhouse Basaar wat ons vir Saterdag 22 Augustus 2020 beplan. Alles wat jy nodig het om te weet, is al gesê. Ek gaan dus slegs die hoogtepunte aanraak dié week. Die basaar vind plaas op Saterdag 22 Augustus 2020. Jy bestel ... Lees verder

DE EIKE ROADHOUSE BASAAR – 22 AUGUSTUS 2020

In verlede week se uitgawe van Die Akker het ek vir julle vertel van die ANDERSE basaar wat ons beplan in hierdie ANDERSE jaar van 2020. Indien jy dit gemis het, gaan kyk gerus op die webwerf – alles wat jy moet weet is daar. Ek weet dit was ‘n klomp inligting om te verwerk, ... Lees verder

Mariana oor die Roadhouse-basaar

2020 – Wat ‘n jaar!!   Een wat as ANDERS onthou sal word. Alles word vanjaar ANDERS gedoen. Ons werk van die huis af, moet self die kinders leer, dra maskers oral waar ons gaan, en ergste van alles, ons kan nie eredienste hou nie. So het 6 Junie – die datum waarop De Eike basaar ... Lees verder

NUUS VANUIT DIE UK

Die uitbreek van die Corona-virus is ‘n ernstige bedreiging vir ons land en natuurlik ook vir ons gemeentelede.  Die UK het na aanleiding van die regering se besluit rakende byeenkomste ‘n spesiale vergadering gehou en die volgende besluite is geneem: Na aanleiding van die regering se besluit oor die Corona-virus, is dit met leedwese dat ... Lees verder

Pastorale BRIEF VAN DIE MODERATUUR

Brief van die Moderatuur Pastorale BRIEF VAN DIE MODERATUUR VAN DIE SINODE VAN WES-KAAPLAND Koronavirus is ‘n kairos-oomblik vir gelowiges Leef asof jy en ander die koronavirus het Geliefdes in die Here Jesus Christus Paulus moedig die gemeente in Kolosse aan tot volhardende gebed, waaksaamheid, dankbaarheid en oop deure vir die evangelie terwyl hy in gedwonge ... Lees verder

Kerkraadsvergadering 4 Maart 2020

Die kerkraad het met kommer en erns kennis geneem van die verdeeltheid wat op die oomblik in die kerk heers, en is baie bewus daarvan dat mense uiteenlopende opinies koester hieroor, en dat baie mense in die proses seerkry. Die kerkraad herbevestig dat Jesus Christus die Hoof van die kerk is, en dat sy wil ... Lees verder

Sinodale Besluit oor Selfde-geslag Verhoudings

Na ‘n lang en moeisame proses van studie, gesprek, luister en onderskeiding het die Sinode nou die volgende besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem: om die 2015-besluit van die Sinode op grond van prosedurele redes ter syde te stel, dat: Die Algemene Sinode neem kennis dat verskille in die kerk ten opsigte van Skrifhantering en Skrifuitleg tot ... Lees verder

Vakature : Skriba

  NG Gemeente Kuilsrivier-De Eike beskik eersdaags oor ‘n vakature vir ‘n skriba. Die datum van diensaanvaarding sal 1 Februarie 2020 of so spoedig moontlik daarna  wees. Daar word van die suksesvolle kandidaat verwag om die pligte soos in die posomskrywing hieronder na te kom en dit sal ‘n halfdag pos (5/8ste) wees. DOEL VAN ... Lees verder

Geweld in ons land – Sinode verklaring

Beste kollega Die burgerlike samelewing, met inbegrip van geloofsgemeenskappe soos die NG Kerk, het die sosiaal-etiese verantwoordelikheid om hulle nie net te weerhou van enige vorm van haatspraak, stereotipering van enige groep en geweld teen enige persoon nie, maar ook om dit met oortuiging teen te staan. Die NG Kerk wil haar om hierdie rede ... Lees verder

Die Kerkraadsvergadering van 28 Augustus

Die een kommissie wat regtig die kerkraad oortuig het dat daar vir ons moeilike besluite voorlê rondom ons geboue, is die Eiendomskommissie. Verskeie aspekte van ons kerkkomplek vra baie ernstig aandag – en ons praat nie nou van klein bedraggies nie. Die waterdigting van veral die area tussen die saal en die kerk is al ... Lees verder