Oor die Gemeentekonsert: GEMEENTEKONSERT 30 AUGUSTUS

Liewe gemeente Ek glo almal is nou deeglik bewus van die gemeentekonsert wat plaasvind op Vrydag, 30 Augustus, want DIE KINDERKERK IS TIEN!  Alle eer aan God! Dit moet geVIER word.  En op watter beter manier, as met ‘n GEMEENTEKONSERT, wat wel oorheers sal word deur kinder-items. Ons deelnemers wissel tussen graad 1 en 9, ... Lees verder

Nuus uit Varanasi:

Liewe Vriende, Dis ‘n voorreg om julle in die wonderlike naam van Jesus te groet! Ons vertrou dat dit goed met julle gaan en is dankbaar om hiermee weer ‘n bietjie terugvoer te gee van ons doen en late.   Dit is ‘n besige tyd vir almal van ons. Ons loof die Here vir sy ... Lees verder

Jan Kriel Nuusbrief – Februarie 2024

  Donateurnommer: 107991 Liewe Vriende Die jaar 2024 is in volle swang en Jan Krielskool se eerste akademiese toetsreeks begin al volgende week! In hierdie nuusbrief berig ons graag oor 2023 se Liggieboomfees  (? hoogtepunt op Jan Kriel se kalender), ons is dankbaar vir uitstekende akademiese uitslae in 2023 regdeur al ons grade, verwelkom twee-en-dertig ... Lees verder

Ons het die volgende van Lizelle gehoor:

Die Kleuterkerk van ons gemeente “Die Besige Bytjies vir Jesus” is vreeslik opgewonde en dankbaar. Ons is besig om te vermeerder in ons gemeente.   Op hierdie stadium, staan ons op 19 Bytjies wat geregistreer het – ouderdomme 3 tot 6 jariges.   Ek wil ook my opregte waardering uitspreek vir elke ouer/voog, wat hul ... Lees verder

…en van Riëtta by die Kinderkerk:

Hallo liewe gemeente Gister was afskopdag vir die Kinderkerk van NG Kerk De Eike, wat terloops hierdie jaar TIEN JAAR oud is, en gevier gaan word met ‘n gemeentekonsert op 30 Augustus.  Teken aan!   Ewenwel, ons tema vir die jaar is Vreemde en Crazy Stories in die Bybel, met Kwartaal 1:  Vreemde vroue in ... Lees verder

2024 Vrouebediening

Liewe Vrouebediening en/of Vrouelidmate – Die Sinodale Taakspan Vrouebediening (STV) sien BAIE uit daarna om 2024 saam met julle aan te pak.  Ons spring weg met #BeginbyGod in Januarie, net nadat die skole weer begin het. Tydperk: 21 Januarie tot 14 Februarie (omtrent 4 weke) hierby aangeheg ‘n kalender van die volle tydperk se beplanning ... Lees verder

Kerstyd in Koelenhof

Ds Desmond: VGK Koelenhof Die kerkraad , admin beamptes en gemeentelede NGK De Eike Dit is vir ons aangenaam om u mee te deel dat ons Sondagskool afsluiting op 3 Desember baie goed verloop het. Ons kan onsself nie die dag voorstel sonder die geskenke en lekkergoedpakkies nie. Namens al ons kinders en ouers/voogde baie ... Lees verder

Nuus uit Indië

FOR THE LEAST OF THESE… Matthew 25:31-46 Rahul and Lorette – Nuusbrief 3/2023   Liewe Vriende, Ons vertrou dat dit goed met julle gaan. Vandag skryf ons vanuit drie dorpe in twee verskillende lande. Ons raak steeds gewoond aan die idee dat Priyanka nou in Suid-Afrika woon. Ons is baie trots op die brawe stap wat sy geneem het om ‘n ... Lees verder

DRINGENDE GEBEDSVERSOEK VANAF HARVERSTERS MINISTRIES

NGK Kuilsrivier De Eike, soos jy dalk weet, was daar verlede naweek ‘n ongekende en onverwagte aanval op Israel deur Hamas, en ons doen ‘n beroep op jou om saam met ons te bid.   Vanaf die 10de Oktober het die konflik meer as 1 500 sterftes tot gevolg gehad, insluitend ‘n gesin van 8 ... Lees verder

RADIOBEDIENING IN AFRIKA: “EK HET DIE CHRISTENDOM GEHAAT…”

“Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!” (Romeine 10:15 Afr53) “Ek het Christenskap gehaat,” sê Sam Kalonjele, wat tot bekering gekom het nadat hy ’n Chiyao oudio-Bybel ontvang het. Hierdie gevoel is nie buitengewoon onder die Yao-mense wat langs die Malawi-meer ... Lees verder