UITREIK NA UYSE OP MILANGE-PLAAS: VRYDAG 23 JUNIE – WOENSDAG 5 JULIE 2006

Piet Rootman, ds. Johan Morkel, Tillie van Tonder, Eben Uys “Geluk is nie ‘n plek waar ‘n mens aankom nie, dit is ‘n manier van reis.”  “Om te reis is nie waarna jy kyk nie, maar wat jy sien.”    Vrydag 23 Junie: Hennie Rootman leen vir ons sy Toyota 2×4 dubbelkajuitbakkie.  Ek glo dit ... Lees verder

Strategiese beplanning

Liewe vriende, Die Kerkraad het Woensdagaand ‘n verdere geleentheid gehad om te besin oor en beplan vir die toekoms van De Eike.  Om vooruit te kan kyk, moet ons ook terugkyk oor waar ons vandaan kom.  Ons kan nie anders as om dit in erkentlikheid en dankbaarheid te doen nie. Vir meer as 46 jaar ... Lees verder

43ste Verjaarsdag gevier

Ons bekommer dikwels so maklik, vergeet soms so vinnig en vertrou dalk by tye te min. Ons gemeente het hierdie week sy 43ste verjaarsdag gevier – en ek dink dit is ‘n geleentheid wat verdien om gevier te word.  Vir my beteken om iets te vier om in dankbaarheid terug te kyk en te onthou ... Lees verder

Rahul en Lorette – Nuusbrief 2/2023

Liewe Vriende, Hartlike groete uit Suid-Afrika. Vir die afgelope paar weke was ons bevoorreg om in een van die mooiste plekke wat God geskape het, te kon wees. Alhoewel ons gedurende hierdie besoek baie moes rond beweeg, is ons dankbaar vir die dae wat ons net die pragtige natuurskoon rondom ons kon geniet.   Baie ... Lees verder

No Charge

Ek het ‘n tyd gelede ‘n lied oor die radio hoor speel en die woorde het my regtig opgeval. Die gedig is geskryf deur Harlan Howard en die lied is die eerste keer in 1974 opgeneem deur Melba Montgomery.  Haar weergawe het nommer een op die country treffersparade in Amerika en Kanada bereik.  Die lied ... Lees verder

FOR THE LEAST OF THESE… Matthew 25:31-46

Rahul and Lorette – Nuusbrief 1/2023 Liewe Vriende, Ons is so dankbaar vir julle! Baie dankie dat julle saam met ons in gebed staan en die Here vertrou vir wonderlike dinge in 2023 – tot eer van sy Naam!   Ons het ‘n lekker besige eerste kwartaal van die jaar agter die rug. Priyanka en ... Lees verder

SmartStart soek slimfone

Little Seeds is tans een van drie implementeringsagente vir SmartStart.  Hierdie nie-winsgewende organisasie beoog om aan elke kind toegang te gee tot hoë kwaliteit vroeëkindontwikkelingsgeleenthede. Daar word toenemend op tegnologie gesteun om kinders in moeilik-bereikbare areas te teiken. Praktisyns (vroue wat deur SmartStart opgelei en ondersteun word om ‘n gehalte kurrikulum aan 3-5 jarige kinders ... Lees verder

Riëtta oor die buitelugdiens:

Die buitelugdiens op Avalon is maar altyd ‘n groot hoogtepunt in die kwartaal. Dit is net SO spesiaal om te aanbid in die natuur, en wanneer ‘n mens stil word, honderde voëltjies te hoor.  Al ‘n mens se sintuie word geprikkel in die koel troubos.  Die koel plante, RUIK ook mos so lekker en vars. ... Lees verder

‘n paar woorde van René

14 Maart 2023 Liewe Gemeente Dit is nou 3 maande ná my aftrede en ek en Tinus is op pad Australië toe om vir ons dogter, Martlie, te gaan kuier.  Ons sal DV teen die einde van April weer terug wees. Ons was Sondag by die Buitelugdiens en wat ‘n voorreg was dit nie vir ... Lees verder

Nuus van die Harvesters

Beste Harvesters Friend,   Ons is opgewonde om die nuus dat Harvesters Ministries danksy jou ondersteuning na Wes-Europa uitbrei, met jou te deel. Jou gebede is van kardinale belang waar ons God se leiding volg om die weg in hierdie nuwe streek te baan. Bid dus asseblief hierdie week saam met ons en gebruik gerus ... Lees verder