Elmari oor die geldsake

Ons is geweldig dankbaar vir elke lidmaat wat (op watter wyse ookal) betrokke is by ons gemeente en werksaamhede.   Een van die duidelikste aanduidings van lidmate se betrokkenheid is die dankoffers wat hulle vir die Here en vir sy werk gee. As ons hierdie aantal dankofferbydraes wat ons ontvang as ‘n persentasie van ons ... Lees verder

HERVATTING VAN KINDERKERK

Riëtta Odendal skrywe: Liewe vriende   By die Kinderkerk is ons ook verheug om komende Sondag voort te gaan met ons kinder eredienste, weliswaar steeds nie soos ons dit ken nie, maar darem. Eerstens, dit is ons VERJAARSDAG op Dinsdag, die 3de Augustus, en sal ons dit saam met die kinders vier komende Sondag, en ... Lees verder

KINDERMOMENTE : KWARTAAL 3 : 2021

1 AUGUSTUS :  DIE “UPS” EN “DOWNS” VAN JOSEF SE STORIE  – ONTMOETING 1 AKTIWITEITE : JOSEF SE ROK : ALLE GRADE   15 AUGUSTUS : BENJAMIN EN DIE BEKER – ONTMOETING 2 (DIE KINDERS SIEN ‘N VOORBEELD VAN VERGIFNIS, HOE DIE HERSTEL VAN VERHOUDINGS WERK EN HOE GOD DIE BESTE UIT SLEGTE OMSTANDIGHEDE KAN ... Lees verder

GROENBOKS – FONDSINSAMELING

Hoe klink ’n boks propvol groente teen ’n bekostigbare prys vir jou? Dit is wat die Bottelary Plaaswyk teen die einde van Augustus 2021 vir ons gaan aanbied sodat die fondse van De Eike aangevul kan word. Clayton van Zyl, Bottelary se blokleier, neem die leiding en gaan 200 van hierdie GroenBokse met ’n verskeidenheid ... Lees verder

Van die Vrouekommissie

Liewe Vrouelidmaat, Jy mag dalk al gewonder het hoekom jy nog nie hierdie jaar ‘n Vrouedankoffer-koevertjie ontvang het nie. Ons het besluit om nie hierdie jaar ‘n Vrouedankoffer-insameling te hou nie, aangesien die Vrouekommissie se aktiwiteite as gevolg van die Covid-pandemie baie aan bande gelê is en baie van die hoogtepunte op ons jaarlikse kalender ... Lees verder

Agtergrond van die Bybel

Prediker Kernteks: “Die belangrikste van alles is: My seun, wees versigtig! Daar kom nie ’n einde aan die skryf van baie boeke nie, te veel studie ooreis die liggaam. Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. God sal ... Lees verder

Agtergrond van die Bybel

Spreuke. Kernteks: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is…” (Spreuke 3:5-7). Watter soort boek het ... Lees verder