Othello Bybelstudie groep

Lidmate van Othello vra al ‘n geruime tyd of ons nie ‘n Bybelstudie byeenkoms by Othello kan hou nie.  Phillie van Wyk het my gehelp om onder ons lidmate uit te vind wat spesifiek hulle behoefte is.  Lidmate kon aandui of hulle belangstel in so ‘n Bybelstudie groep, watter dag in die week hulle verkies, ... Lees verder

Woorde wat elke kind moet hoor

Inleiding Ons kinders gaan in hulle lewens na baie woorde moet luister. Hulle word van alle kants af daarmee gebombardeer: woorde van ’n onderwyser, ’n predikant, ’n baas. Woorde van vriende en familie… Maar niks van hierdie woorde is naastenby so belangrik soos jou woorde as ouer nie. Daarom wil ek graag in hierdie gesprek ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 12. Die Inhoud van ons geloof (i) Die Vader  Sondag 9 Oor God die Vader en ons Skepping  Vraag 26: Wat glo jy as jy sê: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel   en die aarde? Antwoord: Ek glo dat die ewige Vader van ons ... Lees verder

Liewe Ouers Junior Kategese

Onthou asseblief dat ons as Kinderkerk voortaan nie meer as ‘n groep die Gesinsdiens gaan bywoon nie, maar dat die kinders wel saam met hul ouers “grootkerk” toe gaan.  Hierdie kwartaal : 10 Junie 2018. Nog veranderings :  Op 13 en 20 Mei (Pinkstertyd) : Geen Kinderkerk.  Die kinders woon die twee eredienste saam met ... Lees verder

“Dis Tyd om te Sing”

Bybel-Media in samewerking met die NG Sinode van die Wes-Kaap nooi gemeentes uit om deel te word van die begin van ? nuwe tradisie van massa-sangbyeenkomste wat op 8 September 2018 begin. Die eerste jaarlikse “Dis Tyd om te Sing”-massakoorsaamtrek van die NG Kerk sal op 8 September 2018 om 19:00 plaasvind in die Kaapstadse ... Lees verder

In De Eike is ons familie

Famliewees beteken om nader aan God en mekaar te groei. In die afgelope week het ek net weer gesien hoe ons in De Eike as familie funksioneer. Kom ek vertel wat gebeur het! Zanè Welman is elf jaar oud en gediagnoseer met kanker. Dit is vir Zanè, haar pa Ben, haar ma Elsa en ousus ... Lees verder

Othello Bybelstudiegroep

Ons wil graag ‘n twee-weeklikse Bybelstudiegroep in Othello aftree-oord begin.  Nadat ons ‘n steekproef gedoen het, is gevind dat lidmate verkies om twee-weekliks bymekaar te kom.  Hulle verkies ook dat die groep in die oggende bymekaarkom.  Ons byeenkomste gaan elke tweede Woensdag van die maand om 09:30 in Othello se eetsaal wees.  Ons eerste byeenkoms ... Lees verder

Jandré oor Pinkster

Pinkster (pentekost?) is ‘n Christelike fees ter herinnering aan ‘n belofte wat Jesus aan sy mense gemaak het.  Volgens die Christelike Pinkster-teologie sou Jesus vyftig dae ná sy opstanding ‘n helper, die Heilige Gees, stuur.  Hierdie Heilige Gees sou gestuur word om sy aanhangers, wat in Jerusalem vergader het om die Joodse Wekefees te vier ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 12. Die groot Onbegryplike  Sondag 8  Vraag 24: Hoe word hierdie artikels ingedeel? Antwoord: In drie dele: die eerste handel oor God die Vader en ons skepping; die tweede oor God die Seun en ons verlossing; die derde oor God die Heilige Gees en ons heiligmaking.  Vraag 25: Terwyl daar maar tog ... Lees verder