Bibles for Believers

Bibles for Believers, ook bekend as Harvesters Ministries, is betrokke by kerkplantings wêreldwyd, lei leraars en pastore op en versprei Bybels. Kerkplantings word gedoen in Afrika, die Verre-Ooste, asook Sentraal-Amerika. Gedurende die afgelope jaar is duisende nuwe kerke geplant en leraars word vir elkeen van hierdie kerke opgelei.  Duisend Bybels word aan die nuwe leraars ... Lees verder

Huisgeloof

Laasweek sit en werk ek op my rekenaar.  My seun hardloop in die huis rond en vra vir my ‘n dood eerlike vraag.  Na die vyfde keer wat hy dieselfde vraag vra, kom vat hy my aan my arm en sê, “Pappa, luister asseblief vir my!” As ouers raak ons soms so vasgevang in werk, ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 9. Hoe gaan ons dan verlos word? Sondag 5 Vraag 12: Aangesien ons volgens die regverdige oordeel van God die tydelike en ewige straf verdien het, hoe kan ons van hierdie straf bevry en weer in genade aangeneem word? Antwoord: God wil dat daar aan sy geregtigheid voldoen word. Daarom moet ons ... Lees verder

Beni en Bethli Scheidegger

30 Desember 1941 – 22 Januarie 2018                    26 Julie 1941 – 19 November 2017 Beni en Bethli Scheidegger en hul twee seuns, Markus en Roman, het in 1972 van Switserland na Suid-Afrika geëmigreer. As gevolg van haar kennis en belangstelling in tuinmaak en plante word sy gou ‘n goeie vriendin van almal in Stewartstraat. Sy ... Lees verder

Die Psalms – Herinneringe

Ek was so bly toe Ds Hannes ons by die Bybelstudie vir Seniors verlede jaar meegedeel het dat hy besig is om vir ons ‘n studie vanuit die Psalms voor te berei.  En sommer dadelik het daar terugflitse in my gedagtes oor die inhoud daarvan opgekom. Dit het amper gevoel soos dit in Psalm 122 ... Lees verder

Ouerbrief uit die Kinderkerk 2018 – Kwartaal 2

Liewe Ouers Baie dankie vir u ondersteuning gedurende die eerste kwartaal van 2018, veral ook met ons projek, “Ons Volg Jesus”, en meer spesifiek Kwartaal 1 : Green Park.  Ons het hierdie kwartaal tot en met 11 Maart, ‘n totaal van R830 ingesamel danksy u vrygewigheid. Ons vra asseblief u volgehoue ondersteuning.  Projektyd tydens ons ... Lees verder

It’s Time!

Saterdag 24 Maart, is daar ‘n “It’s Time” gebedgeleentheid in Mitchells Plain. Franci Gresse skrywe: Ek het dit verlede jaar in Bloemfontein bygewoon en dit was ‘n absolute wonderlike ervaring om saam met duisende ander Christene die Here te loof en tot Hom te bid. April 2017 was daar ‘n nasionale gebedsbyeenkoms in Bloemfontein – ... Lees verder

Belydenisklaskamp 2018

Die belydenisklas het die afgelope naweek by die High Africa avontuurkampterrein naby Worcester ‘n baie geseënde kamp beleef. Die grooste deel van Saterdag is spandeer aan die “avontuur”-gedeelte van die naweek.  Die spanaktiwiteite het praktiese probleemoplossing en goeie spanwerk vereis, terwyl die hoë toubaan elkeen uitgedaag het om hoogtevrees te oorkom en persoonlike uithouvermoë te ... Lees verder

Oorsig oor die afgelope finansiële jaar

Wanneer ons nadink oor die 2017/18 finansiële jaar, kan ons met groot dankbaarheid getuig van seëning op seëning. Ons het die jaar afgeskop met die viering van ons gemeente se 40-ste bestaansjaar. Ons kan spog met ‘n opgegradeerde parkeerterrein. Ons het ‘n nuwe klankstelsel geïnstalleer om die erg verouderde stelsel te vervang. Ons het terselfdertyd ... Lees verder

Hoe Wonderbaar is U Skepping!

Die Kommissie vir Vrouelidmate het op Vrydag, 2 Maart die Wêreldbiddag vir Vroue in ons gemeente gevier by ‘n wonderlik geseënde geleentheid. Die Wêreldbiddag vir Vroue bring vroue van verskillende rasse, kulture en kerke byeen, om saam voor God te verenig in gemeenskap met Hom en groter begrip vir mekaar.  In Suid-Afrika word die program ... Lees verder