Kom sing in De Eike se Kerkkoor

Ons gemeente se kerkkoor soek dringend na persone wat bereid is om hulle te verbind om op ‘n Dinsdagaand 19:00 – 20:00 saam te kom oefen.   Ons groot optredes is tydens Pinkster, met die Kerkkoorfees en by die Kerssangdiens.  Verder probeer ons ook by Nagmaalgeleenthede sing. As jy weet jy het ‘n sangstem en ‘n ... Lees verder

Dag 16 tot Dag 21 Gemeente Gebed om 13:00

Dag 16 -20 Februarie 2018 VGK Koelenhof Waarvoor bid ons? Bid vir die leraar van VGK Koelenhof.  Bid vir die werksaamhede van VGK Koelenhof. Dag 17 -21 Februarie 2018 Kayamandi Waarvoor bid ons? Bid vir armoede.  Bid vir die leiers van Kayamandi. Dag 18 – 22 Februarie 2018 Mozambiek Candeni-gemeente Waarvoor bid ons? Bid vir ... Lees verder

Hoe groot is jou Jesus? ‘n Praatjie deur Dave Bookless

Dave het natuurlik Engels gepraat (hy kom van Engeland) maar ek het agterna sy Powerpoint-notas in die hande gekry en in Afrikaans vir ons die volgende samevatting van sy praatjie gemaak: Dave het begin deur te vertel hoe hy as student in die St Martin-eilande in Sicilië vakansie gehou het in 1989. Aan die einde ... Lees verder

Wat is Aswoensdag?

Op my rak staan ‘n baie dik boek met die titel: “Dictionary of the Christian Church”. Kom ek stel hom aan die woord: “Aswoensdag is die eerste dag van die Lydenstyd (Engels = Lent). Dit word so genoem in navolging van die gebruik van die vroeë kerk en later ook die Rooms Katolieke Kerk om ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 5. Ons Bron van kennis oor onsself Deel 1: Oor die mens se ellende, Sondag 2 Vraag 3: Waaruit ken jy jou ellende? Antwoord: Uit die wet van God. Vandag se vraag is een van die kortstes in die hele HK. Maar dit maak dit nie minder belangrik as die ander nie! ... Lees verder

Dag 9 tot Dag 15 Gemeente Gebed om 13:00

Dag 9 – 13 Februarie 2018 Huis De Kuilen Waarvoor bid ons? Bid vir die inwoners van De Kuilen.  Bid vir hul gesondheid. Dag 10 – 14 Februarie 2018 Maatskaplike werkers by skole Waarvoor bid ons? Bid vir die Maatskaplike werkers se bediening by al die skole.  Bid vir krag en geduld.  Bid ook vir ... Lees verder

Eric Swanepoel

Na sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch, het Eric Swanepoel se bediening begin by die NG Kerk Durbanville Bergsig, waar hy as predikant bedien het tot einde 2014. Eric deel graag sy opgewondenheid oor wat die Here tans in die wêreld doen met mense. Job 42:5  “Tot nou toe het ek net gehoor wat ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 4. Die 3 dele van die Kategismus  Vraag 2: Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe? Antwoord: Drie dinge: Ten eerste, hoe groot my sonde en ellende is; ten tweede; hoe ek van al my sonde en ellende verlos word en ten derde hoe ... Lees verder

Dag 3 tot Dag 8 van Gemeente Gebed om 13:00

Dag 3 – 7 Februarie 2018 Tema van die gemeente Waarvoor bid ons? Dat die tema lewe sal kry in mense se harte en lewens.  Om radikaal anders te leef vra vir ons om soos Jesus te leef. Dag 4 – 8 Februarie 2018 Vrywilligers Waarvoor bid ons? Vir al die vrywilligers wat betrokke is ... Lees verder

Hoe groot is jou Jesus?

Dave Bookless, ‘n befaamde internasionale spreker en eko-teoloog, is op 12 Frebruarie die hoofspreker by die geleentheid wat in De Eike se kerkgebou aangebied word. Hy sal ‘n praatjie lewer oor die Christen se verhouding tot die natuur. Dave is die direkteur vir Teologie by A Rocha Internasionaal, ‘n Christen-organisasie wat hom beywer om mense ... Lees verder