Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 3. Daardie wonderlike vraag 1… Vraag 1: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort. Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten ... Lees verder

Radikaal Anders in 2018

In die media het ons die afgelope twee weke gereeld die storie gelees van twee jong seuns wat in die hartseer van ‘n treinongeluk hoop kom skep het.  Die storie laat my wonder. Sou ek dieselfde gedoen het?  Sou ek dalk ook, soos die twee seuns, oorgegaan het en ‘n radikale reddingspoging uitgevoer het in ... Lees verder

Dag Zero – 21 04 2018

Die dag dat die krane toegedraai gaan word Almal het teen die tyd sekerlik al gehoor van die sogenaamde Dag Zero. Die vraag wat by meeste mense opkom is wat beteken dit presies en hoe gaan ek/ons deurdeur geraak word? As deel van die Stad Kaapstad se gebeurlikheidsbeplanning moet daar beplan word vir die moontlikheid ... Lees verder

Betrokke by die wêreld!

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”   Dit is die woorde in Handelinge 1: 8.  Hierdie skrifgedeelte is die hartklop en motivering agter ons gemeente ... Lees verder

Parstyd aan die Here gewy

Op Vrydag 19 Januarie is daar ‘n byeenkoms in ons kerk gehou wat ons almal wat daar was, baie opgewonde gemaak het. Chris het die inisiatief geneem om ons plaasmense almal te nooi na ‘n spesiale geleentheid so op die drumpel van die Parstyd, wanneer ons dit aan die Here kan opdra en sy seën ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 2. Nog ‘n paar opmerkings  Maar wag, voordat ons wegvlieg met die kategismus, moet ons dalk net eers kyk waar dit inpas. Ek wonder of jy verlede week toe ek gepraat het van die “Drie Formuliere van Eenheid” enige idee gehad het waarvan ek praat. Weet jy ooit wat die belydenisskrifte is ... Lees verder

Die vergroting van die liturgiese ruimte

Dis nou al geruime tyd dat mense hardop wonder of daar nie ‘n manier is waarop ons die liturgiese ruimte (dis nou daardie oop spasie voor die kansel) kan vergroot nie. Elke keer wat ons Nagmaal bedien, of die een of ander optrede daar voor het, besef ons maar net weer dat dit eintlik baie ... Lees verder

Kerkkoor Uitnodiging

Die Kerkkoor van NG Kerk De Eike nooi jou hartlik uit om te kom aansluit by ons.  As jy ‘n sangstem het en kan noothou, is jy eintlik verplig om jou talent met ons te kom deel. Ons het stemme in al vier stempartye nodig vir 2018. Oefeninge is op Dinsdagaande om 19:00 – 20:00.  ... Lees verder

Senior Burger Klub 2018

2018 is hier!  Die Senior burger klub(SBK) het ‘n goeie afskop-jaar in 2017 gehad.  Ons het twee baie interessante uitstappies gehad.  Die eerste een was in die derde kwartaal na die Botaniese tuin op Stellenbosch en die tweede na die Rehabilitasiesentrum vir Roofvoëls by Spier.  Belangriker as die vermaaklikheidswaarde van dié uitstappies, is die verhoudings ... Lees verder

Handevat

Ons vier weer fees oor ‘n kind wat gebore is en oor ‘n nuwe jaar. Ons is eerlik oor die uitdagings van ons land, kerk, en wêreld en nogtans is dit ‘n GROOT fees, want ons kán fees vier en opgewonde wees oor nog ‘n jaar. Die realiteit is dat daar baie dinge moet verander, ... Lees verder