Senior Burger-uitstappie

Op Dinsdag 6 Maart 2018 om 09:00, sit die Senior Burgers die bus vol en wag opgewonde om na Bellevue te vertrek. Ds Johan vertel ons van sy vinnige voetwerk sedert Maandag die 5de Maart toe sy broer Dirkie hom ingelig het dat die besoek aan Bellevue ongelukkig nie meer kan plaasvind nie. Die rede ... Lees verder

Huisgeloof

So twee dae gelede lê ek en my seun op die bank en kyk na die animasie prent, “The Good Dinosaur.”  Dit is ‘n baie oulike animasie prent met baie hartseer en ernstige dele.  Tydens een van hierdie hartseer dele konfronteer my seun my met ‘n eerlike vraag, “Hoekom huil hy pappa?”  Ek was vir ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 8. Só erg is die sonde…  Sondag 4 Vraag 9: Doen God die mens dan nie onreg aan as Hy in sy wet van hom eis wat hy tog nie kan doen nie? Antwoord: Nee, want God het die mens so geskep dat hy dit kon doen. Maar die mens het homself ... Lees verder

Die NG Kerk en grondhervorming

Inleidend Die onderwerp van die aarde en die wyse waarop dit as grondgebied bewoon, bewerk en bewaar word deur die nasies, is ’n sentrale tema in die Bybel. Talle verhale in die Ou Testament word oor die belofte en besit van ’n spesifieke grondgebied vertel. Baie keer ook uit die hoek van die verlies daarvan ... Lees verder

Dis kouevleis, skat!

Die uitbreek van listeriose (ons het waarskynlik almal ‘n nuwe woord geleer!) – as gevolg van besmette koue en geprosesseerde vleisprodukte – oorheers die afgelope week nuusberigte en verslaggewing. Skielik is daar (vir die huidige) ‘n meer dringende krisis as die dreigende watertekort in die Wes-Kaap. Terwyl ek geensins die ernstige gevolge van listeriose uit ... Lees verder

Terugvoer uit die Kerkraadsvergadering

Woensdagaand 28 Februarie was vir Jandré ‘n baie groot een – dit was die eerste vergadering waar hy as voorsitter opgetree het. En nie net het hy dit oorleef nie – dit het sommer baie goed gegaan! ‘n Paar wetenswaardige besluite wat geneem is, is: Daar is besluit om die groot aantal instansies waarby ons ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 7. Maar wat nou? Sondag 3 Vraag 6: Het God die mens dan so sondig en verkeerd geskep? Antwoord: Nee, God het die mens goed en na sy ewebeeld geskep. Dit beteken: in ware geregtigheid en heiligheid, sodat hy God sy Skepper reg kon ken, Hom van harte  kon liefhê en saam ... Lees verder

Beloftes van Geloof

Die kerkraad het ‘n paar jaar gelede besef dat ons gemeente nie naastenby gehoorsaam is aan die groot sendingopdrag wat die Here vir ons gegee het net voor sy hemelvaart nie. Ons wat wel hier en daar betrokke, maar die meeste van ons energie was na binne gefokus. Na die opbou van die gemeente, en ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 6. ‘n Onmoontlike saak…  Vraag 5: Kan jy dit alles ten volle nakom? Antwoord: Nee want ek is van nature geneig om God en my naaste te haat. Sjoe, die antwoord op vraag 5 van die HK klink darem kras! Dit klink regtig of die Kategismus ons net ‘n klein trappie bokant ... Lees verder

Senior Burger Klub

Ons het op dié stadium groter duidelikheid omtrent ons kwartaal uitstappie!  Die uitstappie sluit twee stoppe in.  Ons gaan eers Bellevue Landgoed besoek.  Ons wil graag die seniors die geleentheid gee om van naderby te sien hoe die prosesse werk om by dit uit te kom wat ons gewoonlik net in die glasies sien en ... Lees verder