Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 1. Inleiding Baie jare gelede kon jy vergeet van “aangeneem”  word in ons kerk as jy nie darem ten minste die name van die drie “Formuliere van Eenheid” (ons kerk se geloofsbelydenis) geken het nie. Jy kon ook baie seker wees dat een van die ouderlinge op daardie dag wat julle getoets ... Lees verder

Parstyd in die Bottelary

ONS VRA DIE HERE SE SEËN OP DIE PARSTYD. Almal in die Bottelary word uitgenooi om saam met De Eike Gemeente die Here se seën te vra op die oestyd wat op hande is. Ons bid saam vir ’n geseënde oes en dat die Here elke persoon op elke plaas sal beskerm en bewaar. Kom ... Lees verder

Alpha-kursus

Alpha is ‘n inleidende kursus tot die Christelike geloof en bestaan uit 13 sessies wat handel oor die sleutelaspekte van Christenskap. Die kursus duur dertien weke met een sessie per week op ‘n Woensdag om 18:45. Die normale program vir elke weeksaand bestaan uit die volgende: Kos– Aandete word saam geniet sodat daar tyd is om te gesels en mekaar beter te ... Lees verder

Om jou kleinkind te doop

Ek het nou al die voorreg gehad om beide van my dogters se huwelike waar te neem. Al twee geleenthede was vir my baie spesiaal, en albei kere moes ek maar by tye groot slukke sluk om net die emosies bietjie onder bedwang te hou. Toe die gemeente dus verneem dat Francois en Nannette gereël ... Lees verder

Jandré se avontuur

Ek sit soms in ‘n koffiewinkel en luister na die stem van Eva Cassidy as sy Bob Thiele en George David Weiss se “What a wonderful world sing.”  ‘n Sterk versoeningslied wat in die laat 60’s deur Louis Armstrong gesing is om op ‘n kreatiewe manier mense met mekaar te laat versoen.  Die realiteit is ... Lees verder

Vir oulaas: 2017 se Nuwerus-uitreik

Hierdie is ‘n fotobeeld oor ons naweek uitreik na Nuwerus; ek hoop dat as jy hierdeur blaai, jy iets van Jesus se teenwoordigheid sal ervaar. Dis ‘n informele blad, so Ds. Chris Barnardo is in alle liefde Chris. Waar het dit alles begin? Hoe het ons by Nuwerus uitgekom, wil jy ook seker weet? Tydens ... Lees verder

Nuus uit die kerkraad 15 November 2017

Die kerkraad het Woensdagaand kennis geneem van ons jaartema vir 2018 “Radikaal anders”, en hulle opgewonde verbind daartoe om dit te lewe en uit te dra op elke terrein van die lewe. Die proses van Stategiese Beplanning gaan steeds voort, met ‘n werkswinkel wat vroeg in die nuwe jaar beplan word. Daar sal aandag gegee ... Lees verder

Nuus van FEBA radio

FEBA RADIO SA ONDERSTEUN FEBA PAKISTAN MET MEDIESE UITREIK Op 20 Augustus vanjaar is ‘n 1-dag mediese uitreik in Gujranwala provinsie van Pakistan aangebied. Hierdie uitreik was daarop gemik om gesondheidbewustheid te kweek en gratis mediese sorg te bied aan die armes van die plaaslike gemeenskap en aan FEBA Pakistan se luisteraars in die omgewing. ... Lees verder

De Eike se Senior Burgers voel Vere

By die Rehabilitasiesentrum vir Roofvoëls by Spier, het De Eike se groep van 43 senior burgers ’n uitsonderlike stukkie omgee vir die natuur beleef. Hierdie fasiliteit staan bekend as Eagle Encounters, want dis presies wat daar met ‘n mens gebeur – jy ontmoet ’n sekretarisvoël, of ’n kransaasvoël, ’n geelbekwou*, ’n bleeksingvalk, ’n rooiborsjakkalsvoël of ... Lees verder

RADIKAAL ANDERS: DISSIPELSKAP IN DE EIKE VIR 2018

Benedict Allen (58), ’n bekende Britse ontdekkingsreisiger word in Papoea-Nieu-Guinee vermis. Hy is drie weke terug diep die oerwoud in om met die Yaifo-stam kontak te maak, een van die min stamme wat nog geen kontak met die buitewêreld het nie. Soms wonder ek of ons bereid is om te waag en ons lewens op ... Lees verder