Jaco Thom se inligting:

  Skryf gerus aan my en gesels saam    Hallo Jaco se Bybelkoerant Ek het begin met ‘n nuwe bediening wat deur middel van eposse op intekenaars se tafel beland. Jy kan ook my webwerf Jaco se Bybelkoerant besoek as jy wil sien waarmee ek besig is. Ek het jou adres iewers gekry en die vrymoedigheid geneem ... Lees verder

De Eike se Eerste Alpha word Aangebied

Kan ek die Bybel glo? Wie is Jesus regtig? Waarom laat God dit toe? Waar was Hy? Gee Hy regtig om? Kan mense gesond raak as daar vir hulle gebid word? Wie is die Heilige Gees? Praat God nog met mense? Baie mense het soortgelyke vrae, maar is te bang om dit hardop te vra. ... Lees verder

Geloofbelofte offers in De Eike

De Eike se Getuienisaksie Kommissie het in 2002 onder voorsitterskap van Johan Uys en met behulp van die Kingfisher Mobilisering Sentrum die Geloofbelofte-offer (GBO)  fonds  geloods. Die gedagte daarmee was dat dit die gemeente in staat moes stel om meer betrokke te raak by werk in die Here se koninkryk – iets wat ons kwalik ... Lees verder

DE EIKE BASAAR – 2 JUNIE 2018

‘n Basaar gebeur nie sommer net nie.  Baie mense werk baie hard om ‘n sukses te maak van dié geleentheid.  Daarom wil ek sommer begin deur dankie te sê aan almal wat reeds vir maande baie hard agter die skerms werk. In besonder wil ek al ons blokleiers, wykleiers en dienswerkers bedank wat ons hande ... Lees verder

‘n Visie vir De Eike.

Die gesprek wat die strategiese beplanningsgroep oor die gemeente voer, gaan steeds aan. Die afgelope Maandag het ons indringend gesels oor hoe ons die gemeente sien en waarheen ons op pad wil wees. By die geleentheid is dan ook ‘n konsep-visie geformuleer. Die interessante daarvan was dat daar twee groepe was wat onafhanklik van mekaar ... Lees verder

Incontext-bediening gebedsvriende

Liewe gebedsvriende Op 13 Mei, slegs dae voor die begin van die maand van Ramadan, is Indonesië (met die grootste Moslembevolking ter wêreld), op hoë gereedheidsvlak na drie selfmoordbomaanvalle gerig op kerke in Surabaya wat 13 mense se lewens geëis het en meer as 40 ander beseer het. Die daders was geradikaliseerde lede van een ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 14. Net Jesus! Oor God die Seun en ons Verlossing Sondag 11 Vraag 29: Waarom word die Seun van God genoem: Jesus, wat Verlosser beteken? Antwoord: Omdat Hy ons van al ons sondes verlos en by niemand anders enige saligheid te soek of te kry is nie. Vraag 30: Glo die mense ... Lees verder

René self oor: “Kom ons Sing”

Liewe Gemeente, Saam met al die ander NG gemeentes en kerkkore, is De Eike ook uitgenooi na ‘n geleentheid in die Kaapse Stadsaal op 8 September 2018:  Dis Tyd om te Sing!   De Eike se kerkkoor het reeds ingeskryf om daaraan deel te neem. Die organiseerders beoog om 500 sangers aan ‘n massakoor te laat ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 13. Die Inhoud van ons geloof (ii) Die Vader  Sondag 10 Vraag 27: Wat verstaan jy onder die voorsienigheid van God? Antwoord: Die almagtige en oralteenwoordige krag van God waardeur Hy hemel en aarde en al die skepsels asof met sy hand nog onderhou en so regeer dat lower en gras, reën ... Lees verder

De Eike Senior Burgerklub

Die Bestuur van die klub het besluit ons gaan hierdie kwartaal die Skool vir Blindes in Worcester besoek. Na dié besoek gaan ons by Kleinplasie middagete geniet en bietjie rondkyk wat alles daar aangebied word!  Die besonderhede van die uitstappie is as volg: Datum: Donderdag 7 Junie 2018 Vertrektyd: 09:00 (vanaf kerkgebou) Terugkoms: namiddag Kostes: ... Lees verder