Danie Murray oor Mosambiek

Liewe ondersteuner Dit lyk asof ek binnekort weer baie van julle kan besoek en persoonlik kom hoor hoe dit gaan. Ek sien baie uit daarna. Hoop intussen dit gaan goed selfs al gaan dit soms swaar. Ek sal eers begin volgende maand kan bevestig, maar deel graag met blydskap dat die getuienis kantoor heel waarskynlik ... Lees verder

Kospakkies se ‘drop & go” bring uitkoms en hoop

Liewe gemeente, De Eike is baie bevoorreg om in hierdie moeilike grendeltyd waar mense sonder inkomste en hoop geraak het, deur die ‘drop & go’ te help om kos op die tafel te sit. Baie dankie aan elke lidmaat wat ‘n bydrae gemaak het. Sommige het op ‘n Dinsdag onthou en vinnig iets uit die ... Lees verder

SA Kerkorreliste Vereniging se Algemene Jaarvergadering 2020

Liewe Gemeente Die SA Kerkorreliste Vereniging het by sy 2020 Algemene Jaarvergadering die Streeksverteenwoordigers versoek om ‘n kort video te maak van hulle onderskeie streke.  My suster, Erna Rademan van Vredefort, is die Vrystaat se verteenwoordiger.  Julle sal onthou dat sy verlede jaar saam met my en ons jonger suster, Karin Michau van Ceres, op ... Lees verder

Die versoek aan ons jongmense

My naam is Jacques Myburgh.  Ek is leraar van die NG Gemeente Noordoos-Pretoria.  Ek is tans ‘n PhD student by die Universiteit van Pretoria, onder leiding van Prof Malan Nel.  Soos elkeen van u sekerlik  bewus is daal die lidmaattal onder jonger lidmate teen ‘n toenemende spoed onder hoofstroomkerke en ongelukkig is Suid-Afrika se Gereformeerde kerkdenominasies nie hierteen bestand ... Lees verder

Agtergrond van die Bybel

19. Jesaja Kerntekste: In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ’n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, ... Lees verder

Goeie nuus vanaf die orrelis!

Liewe Gemeente Twee jaar gelede het ek weer begin les neem by me Marian Steyl met die oog op ‘n lisensiaat kerkorrel-eksamen.  ‘n Mens moet onthou dat sy bereid is om haar professionele naam aan jou prestasies te koppel (sy gee klas by die US ook) en daarom klim jy in met alles wat jy tot jou beskikking ... Lees verder

Uit Danie Murray se pen

Liewe ondersteuner   Hier is ‘n foto van ‘n erediens van die kerk in Mosambiek. Weens die pandemie kon die gemeentetjies nie meer byeenkomste hou nie. Daar is egter nou weer ‘n geleentheid.   Pandemie getalle in Mosambiek: Hier kan ons sien dat die getalle nie baie hoog is nie en dat daar ‘n afname ... Lees verder

TIENDE MAAND DANKBAARHEIDSOFFER: OKTOBER 2020

Grendeltyd het my baie geleer. Die tye was en is moeilik. ‘n Mens moet al vinniger hardloop om darem min of meer op dieselfde plek te bly. Oor die afgelope ses maande het ons mense agter geraak en dit voel kompleet asof  daar elke maand meer maand oor is aan die einde van ons geld. ... Lees verder

Agtergrond van die Bybel

Die Profeteboeke (ii):             Hoe moet ons vandag die profetiese boeke verstaan?   Eerstens moet ons verstaan WIE HULLE WAS: – Hulle was almal geroepenes. Hulle bely almal dat hulle ‘n lewensveranderende ontmoeting met die Here gehad het, wat hulle geroep en in sy diens gestel het. Hulle bely dat die Here wat hulle verteenwoordig, ... Lees verder

Gebedsbrief van die Bybelgenootskap

13 – 19 Sep Malta: Bid dat die Bybelgenootskap sal kan voortgaan met die uitvoer van sy missie op verskeie maniere en met verskillende programme om in die Bybelbehoeftes van almal in die land te voorsien. Turkye: Dank die Here vir die 200-jarige herdenking van die Bybelgenootskap in Turkye vanjaar. Bid dat ons aktiwiteite daartoe ... Lees verder