Gebedsbrief van die Bybelgenootskap

29 Mrt – 4 Apr  Brasilië:  Dank die Here vir die seëninge wat ons verlede jaar ontvang het.  Bid vir ons Vrywilligers-program en Bybelakademie-projek vir langafstandonderrig.  Bid vir die suksesvolle reëlings van die eerste Jeugbybelkonferensie in 2021.  Bid ook vir die Brasiliaanse Gebaretaalbybel.  Peru:  Bid vir die Quechu Apurímac en Matsigenka vertalingsprojekte.  Bid dat God ... Lees verder

Elmari se bydrae

VERTROU GOD IN ALLES Ons lewe in onseker tye en in die omstandighede waarin ons onsself nou bevind, is ons selfs meer akkuut bewus hiervan.  Vir ons as God se gemeente is dit egter nie ‘n rede tot kommer nie.  Ons kan steeds in alle tye en in alle omstandighede op God vertrou. Kyk wat ... Lees verder

Vir ma’s met jonger kinders

Hierdie is nie bedoel dat jy dit slaafs moet volg nie. Sommiges gaan dalk onmoontlik wees, nou dat ons almal onder huisarres is! Maar dalk gee dit jou ‘n idee of twee, om Paastyd vir die klein gesinslede in jou huis onvergeetlik te maak! Jy het na alles nou die tyd, om in hulle geestelike ... Lees verder

Gebed vir Covid-19

oorgeneem en aangepas van Fr Mike, Interrupting the Silence God die Vader, u begeer gesondheid in heil vir alle mense; Ons prys U en dank U, o Heer. God die Seun, U het gekom sodat ons die lewe mag hê, en dit in oorvloed; Ons prys U en dank U, o Heer. God die Heilige ... Lees verder

NUUS VANUIT DIE UK

Die uitbreek van die Corona-virus is ‘n ernstige bedreiging vir ons land en natuurlik ook vir ons gemeentelede.  Die UK het na aanleiding van die regering se besluit rakende byeenkomste ‘n spesiale vergadering gehou en die volgende besluite is geneem: Na aanleiding van die regering se besluit oor die Corona-virus, is dit met leedwese dat ... Lees verder

Bybelgenootskap gebedsbrief

22 – 28 Mrt Eswatini (Swaziland):  Bid dat God se Woord wyd in die land versprei sal word, veral onder jongmense en kinders.  Dank die Here vir wat die Bybelgenootskap tot dusver kon bereik. Namibië:  Bid vir die Bybelgenootskap se werk in ‘n baie onstabiele ekonomie.  Bid vir die nodige fondse vir die nuwe vertaling ... Lees verder

Geloofsdissiplines wat mense kan help in ‘n tyd soos hierdie (wat ook Lydenstyd is)

Afsondering [solitude] in plaas van isolasie – herontdek dié geloofsdissipline. Jesus het gereeld na ‘n plek gegaan om alleen te wees. Vas in plaas van opgaar – dit is ‘n ideale tyd om ons verbruik te evalueer en doelbewus te verminder en van sekere kosse en items te vas. Gebed – ons bid daagliks vir ... Lees verder

Pastorale BRIEF VAN DIE MODERATUUR

Brief van die Moderatuur Pastorale BRIEF VAN DIE MODERATUUR VAN DIE SINODE VAN WES-KAAPLAND Koronavirus is ‘n kairos-oomblik vir gelowiges Leef asof jy en ander die koronavirus het Geliefdes in die Here Jesus Christus Paulus moedig die gemeente in Kolosse aan tot volhardende gebed, waaksaamheid, dankbaarheid en oop deure vir die evangelie terwyl hy in gedwonge ... Lees verder

Kerkraadsvergadering 4 Maart 2020

Die kerkraad het met kommer en erns kennis geneem van die verdeeltheid wat op die oomblik in die kerk heers, en is baie bewus daarvan dat mense uiteenlopende opinies koester hieroor, en dat baie mense in die proses seerkry. Die kerkraad herbevestig dat Jesus Christus die Hoof van die kerk is, en dat sy wil ... Lees verder

Sinodale Besluit oor Selfde-geslag Verhoudings

Na ‘n lang en moeisame proses van studie, gesprek, luister en onderskeiding het die Sinode nou die volgende besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem: om die 2015-besluit van die Sinode op grond van prosedurele redes ter syde te stel, dat: Die Algemene Sinode neem kennis dat verskille in die kerk ten opsigte van Skrifhantering en Skrifuitleg tot ... Lees verder