Bless a Baby

Thea sou op 1 Mei ‘n tee in die saal hou vir “Bless a Baby”. Sy vra nou: “Aangesien dit nie op die oomblik moontlik is nie, het ek gedink om die wat kan naaldwerk doen solank bewus te maak van wat hulle nodig het” Lees verder

Grendeltyd-nagmaal

Van die aangrypenste getuienisse van lidmate in dié tyd van Pase, was julle reaksie op die eredienste. Ons het selde vantevore sóveel terugvoer gekry – ook oor hoe mense Nagmaal op hulle eie gehou het op Goeie Vrydagoggend, en wat dit vir julle as gesinne beteken het. Baie, baie dankie daarvoor. Baie dankie vir elke ... Lees verder

SNAPSCAN

In vandag se moderne era word kontant al hoe minder as betaalmiddel deur veral die jonger generasie gebruik. Ek lees onlangs in ‘n e-pos vanaf die bank, dat die gebruik van tjeks ook teen die einde van 2020 heeltemal uitfaseer gaan word.   Daar is egter heelwat alternatiewe maniere om vandag  betalings te maak. Een ... Lees verder

Gebedsbrief van Harvester Ministries (ons ondersteun hulle deur ons GBO)

Dit is nou die tyd om ‘n groot impak te maak. Jou gebede is in hierdie dae baie nodig. Beste Harvesters Partner Elke keer as ek ‘n uitdaging in die gesig staar, dink ek aan Filippense 4: 6–7: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en ... Lees verder

DinkJeug App vir families

Die nuwe DINKJEUG APP vir families is hier! Dit bevat ‘n daaglikse podcast (potgooi) met ‘n huisgeloof oordenking wat families kan help om saam te gesels oor die Bybel, geloof en die lewe. Gesinne kan saam bid en die aktiwiteite doen om hul geloof en verhoudings te versterk. Dit behoort so tussen 5 en 15 ... Lees verder

“Die Lockdown Challenge”

Dalk wonder jy ook waarmee ons mense hulle besig hou in hierdie tyd, behalwe om net op hulle vrouens se senuwees te werk. Ek hoop daar gaan nog sommer heelwat inkom, en dan wys ek julle dalk wat in my ateljee gebeur het ook!. Kliek hier  om “Lockdown Challenge I”  te sien – 9 April ... Lees verder

‘n Anonieme getuienis uit De Eike

Goeie dag Ds.Hannes Ek reageer op jou versoek Die Akker 3 April 2020. Ek het verlede jaar besef dat ek op 80 jaar dalk Alzheimer kan kry en dan my hele lewe vergeet. Toe besluit ek om te begin notas maak sodat ek kan naslaan…….as ek van die notas kan onthou! Ek kon my eerste ... Lees verder

Thea se gedagtes rondom Paasfees

Met Paasfees gedenk ons die feit dat Jesus se offer ons die ewige lewe laat erf. Jesus het sy vertroue in die Vader daadwerklik uitgeleef in sy gehoorsaamheid tot aan die kruis en daardeur oes alle gelowiges die lewe. In die boek Jakobus blyk dit duidelik dat God dieselfde van ons verwag. Jakobus gebruik Abraham ... Lees verder

GROOT LYDENSWEEK 6 – 9 April 2020

  KUILSRIVIER-DE EIKE Kom reis saam met ons op die lydenspad van Jesus wanneer ons deur voorlesings, respons en gebed tot ’n dieper betekenis kom van wat Jesus in daardie laaste dae moes beleef. Namens ons moes hy die reis aanpak na Golgota. Kom ontdek saam met ons, tree vir tree, die wonder van God ... Lees verder

Goeie Vrydag

Ons het ‘n skrywe ontvang van die sinodale kant af wat voorstel dat ons saam op Goeie Vrydag ‘n “virtuele Nagmaal” vier, wat ons opnuut weer kan bind aan die Here en aan mekaar, soos die formulier so mooi belowe. Hoe gaan dit werk? Ons gaan saam met die video van die boodskap wat ek ... Lees verder