Fotos uit Green Park

Ons wys ook hier fotos wat Elsabé die week in Green Park geneem het toe ‘n weldoener die mense daar tegemoetgekom het. Lees verder

Nuus uit Huis Sonop

Daar word nou juis pakkies gereed gemaak vir die inwoners daar, wat baie swaar kry in hierdie tyd. Bid asseblief ook vir hulle! Lees verder

Grendeltyd – retraite – tyd?

Die woordjie ”retraite” het die afgelope jare ‘n bekende woord in die kerk se woordeskat geword. Dit verwys na ‘n spesifieke tyd van afsondering waartydens jy die geleentheid het om net op die Here en sy Woord te fokus. Die eerste retraite wat ek bygewoon het, was in die laat 1980’s. Dit was ‘n geleentheid ... Lees verder

Moeilike vrae

Is God ooit lief vir my? Want daar gebeur so baie slegte goed met my. Hierdie is een van die heel moeilikste vrae in die kerk, waarmee die kerk van die begin af besig bly. Wat moet ons as gelowiges sê van al die seer en lyding in ons wêreld? Beteken dit dat God nie ... Lees verder

Agtergrond van die Bybel

Die Boek Eksodus: Tema en agtergrond: Uiteindelik het ons by die tweede boek van die Bybel gekom! Hierdie is ‘n epiese werk: in hierdie boek het ons niks minder nie, as die storie van die geboorte van ‘n nasie. Die verhaal speel af omtrent 300 jaar na Josef se dood (dit beteken die Jode was ... Lees verder

Elsabé Marais se “voice note” oor die uitdeel van die sop en brood in Green Park

“Was amazing. Kaalvoetkindertjies wat loop, honger. Toe die sop opgeraak het, het hulle net brood gevra en een sny brood na die ander in hulle mondjies gedruk. Dis eintlik hartseer, maar vir my was dit vreugde gewees. Die kinders was daar gewees, en ek het hulle gedruk sonder om om te gee, want ek dink ... Lees verder

Agtergrond van die Bybel

Die Boek Genesis (2): Genesis is nie die soort van boek waaroor jy sommer in een gesprek alles gesê kan kry nie. Verlede week het ons oor die eerste deel gesels, wat as die “Voorgeskiedenis” bekend staan, wat vertel van die skepping, die sondeval, en die groot vloed. Dis die gedeelte waarvan ons gewoonlik sê ... Lees verder

Johan: Bediening in Grendeltyd

Lidmate vra ons predikante hoe ons die grendeltyd as predikante ervaar. Die eerste opmerking wat ek wil maak, is dat mens nooit voorsien het dat so iets in jou leeftyd of bedieningstyd sou gebeur nie! Ons is na langer as 50 dae seker al meer gewoond aan dié lewenswyse, maar wie het ooit in jou ... Lees verder

‘n Woordjie van Thea se kant

Ons mag ons dalk nie almal vermoei met óf ons bekend óf buitengewoon suksesvol is nie, maar ek twyfel of daar iemand is wat nie die versekering wil hê dat hy of sy geliefd is en aanvaar word nie. Meeste van ons wil bemin word vir wie ons werklik is – daarvoor die ewige stryd ... Lees verder

Chris en Pinkster 2020

Kan jy nog onthou toe ek vroeg in die jaar vertel het dat, terwyl ons in Stilbaai met verlof was, ek duidelik gehoor het dat ons ’n 20-20 geloofsvisie moet ontwikkel sodat ons vêrder as vandag se uitdagings en hindernisse kan kyk? Min het ons toe geweet wat vir ons voorlê! CORONA het soos ’n ... Lees verder