Calie van der Watt oor die Grendeltyd in Othello

Goeie dag ds Hannes Die eerste drie maande van die grendeltydperk was vir die inwoners van Othello maar ‘n moeilike tyd. Ons wat soos een groot familie gereeld oor en weer in mekaar se woonstelle en huise gekuier het was skielik ingehok soos diere in die dieretuin. Orals het kennisgewings verskyn met die boodskap: “Bly in jou ... Lees verder

Stemme uit Andanté Aftreeoord

“Wat het ons gedink en beleef toe ons gehoor het van die totale afsondering, en van die eensaamheid toe ons geen gaste meer mag ontvang het nie? Dit was erg dat alles toegesluit is – die kerke, die winkels, en die skole. Hier in Andanté mag ons nie eens by ons bure gaan kuier het ... Lees verder

Tannie Anna se straatpartytjie

Kan jy dit nou oorvertel! Tannie Anna Jacobs van Othello het, 3 Junie, ‘n geseënde 90 jaar oud geword. Haar kinders het ‘n heerlike wegbreek beplan om haar groot verjaarsdag saam met haar te vier. Maar toe gebeur Covid-19 wat haar planne totaal verander. Sy beland toe letterlik op straat mer haar verjaarsdagkoek. Met die ... Lees verder

Terug Skool toe

Na ‘n laaaaaaang tyd is ons weer terug by die skool en volstoom aan die gang.   Dit was heerlik om almal weer te sien … kollegas en daarna die kinders. Ek het opnuut besef hoe ons almal mekaar nodig het en wat dit is om afgesonder te wees. Ons leerders lê ons baie na ... Lees verder

Agtergrond van die Bybel

Die Boek Deuteronomium:   Opset: Deuteronomium is die laaste boek van die Pentateug. Sy naam kom van die Grieks wat beteken “Die Wet vir die Tweede Keer” – dit is omdat ons die Tien Gebooie (Eksodus 20) amper woordeliks in Deuteronomium 5 herhaal kry. Net soos in die voorafgaande boeke is Moses steeds die hoofkarakter ... Lees verder

Chris aan die woord

DIE KERK IN  EN NA GRENDELTYD Iemand het onlangs op een van die digitale platforms die volgende plasing gedoen wat my nogal laat dink het: “Die kerk is nie toegesluit nie. Daarom is dit onnodig om dit oop te sluit. Ons het wel opgehou om vir ’n tyd lank in die kerkgebou te aanbid omrede ... Lees verder

Al is ons kerkgebou se deure toe, is ons harte oop

Ons kerkgebou se deure bly voorlopig steeds gesluit, maar God se deur staan nog altyd wawyd oop.  In Jes. 59:1 staan daar: “Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en Sy oor is nie te doof om te hoor nie.”   Ons God is groter as ons omstandighede en ... Lees verder

Kerskaartjies 2020

René skrywe: Gedurende die grendeltyd het ek gewonder watter bydrae ek kan lewer.  Vir baie jare beplan ek noual om kerskaartjies te maak van die grafika wat Christa de Kock, afgetrede Kunsonderwyseres, ‘n hele paar jaar vir ons geskets het vir die voorblad van ons Kerssangdiensprogramme.  (Christa is ook die persoon wat einde verlede jaar die kerstoneel wat ... Lees verder

Agtergrond van die Bybel

Die Boeke Levitikus en Numeri:   Opset: Levitikus en Numeri vorm so ‘n eenheid in die Pentateug dat ons hulle saam gaan neem, al ken ons hulle vandag in ons Bybels as twee aparte boeke. “Levitikus” se naam is herlei van die klomp reëls vir die priesters (die “priesterkodeks”) wat dit bevat, en Numeri (letterlik ... Lees verder

Lindie Williamson, ‘n Kinderkerk-Mamma skrywe

Ons het bietjie geleer oor Petrus verloën Jesus. Ons het die hoender gemaak want daar was gesê deur Jesus: Voordat die haan kraai sal jy my 3 maal verloën.” Die kinders het die tema baie geniet. Die ander prentjie is vir vandag, 21 Mei – Hemelvaart. Dis Zach (in die Gr 2-klas) en Moah (Kleuterkerk). ... Lees verder