Tannie Alida en die Kerkkoor

Kerkkoor:  Ons neem afskeid van Alida Cornelissen Alida is 87jr oud en sy het gevoel dis nou tyd om op te hou koor sing – die gees is gewillig, maar die liggaam wil nie saamwerk nie!  Dit is daarom vir my ‘n groot eer om ‘n huldeblyk aan Alida te bring, ná soveel jaar getroue ... Lees verder

Riëtta oor die Kinderkerk

KINDERBEDIENING IS DIE BEDIENING VAN DIE KIND TOT 12 JAAR TOT VOLLE DISSIPELSKAP VAN JESUS, ‘N BEDIEN-ING TOT GEDRAGSVERANDERING.  HOEKOM BESTAAN DIE KERK?  God het die wêreld mooi gemaak.  Die sonde het die wêreld lelik gemaak.  Maar toe het God ‘n plan gemaak, en Sy seun Jesus gestuur sodat die wêreld, deur die verlossing wat ... Lees verder

1ste KWARTAALBRIEF VIR OUERS VAN KINDERKERK 2020

Kliek hier om die pragtige brief te lees. Lees verder

GEBEDSBRIEF BYBELGENOOTSKAP

19 – 25 Jan Togo:  Bid dat Gods Woord mense se harte sal bereik.  Bid vir die vertaling van die Ou Testament in Lama.  Wanneer dit voltooi is, sal Lamasprekers vir die eerste keer ‘n volledige Bybel in hul taal hê.  Bid ook vir die vertaling van die Bybel in Kabiye. Benin:  Bid dat die ... Lees verder

Gebedslys van Bybelgenootskap

1 – 4 Jan  Guinee:  Bid dat die Woord van God mense se harte sal bereik.  Bid vir die Bybelgenootskap en dat die organisasie se werk ‘n impak op mense sal hê en in hulle Bybelbehoeftes sal voorsien.  Mali:  Mali het ‘n verskeidenheid landstale.  Bid dat die plaaslike Bybelgenootskap bybelse beginsels aan die mense in ... Lees verder

‘n Woord van ‘n uittredende leierspaar by die Kinderkerk

Dit was vir ons ‘n voorreg om 4 jaar te kon deel wees van De Eike se Kinderkerk. Alhoewel dit baie toewyding verg om elke Sondag op jou pos te wees, is daar baie seëninge hieraan verbonde. Een van die grootste seëninge was om die Kinderkerk saam met ons eie kinders te kon beleef. Ons ... Lees verder

Uitstappie na Spice Route

Op Donderdag 14 November om 09:00 het 34 opgewonde senior burgers per bus na Spice Route buite die Paarl vertrek.  As gevolg van padwerke het ons baie stadig gevorder maar uiteindelik by ons bestemming aangekom.  Ons het met die aankomslag afgespreek om mekaar 14:00 weer by die bus te kry. Spice Route het soveel om ... Lees verder

BAIE DANKIE VIR ONS NUWE KERSTONEEL

Vir baie jare al bel ek gedurende Oktober vir Hester Carstens om haar te herinner aan die Kerstoneel wat sy elke jaar voor ons Kersuitvoering in De Eike se voorportaal vir ons maak.  Gewoonlik raap en skraap sy items bymekaar om so min moontlik uitgawes te hê, maar vanjaar het sy gevra dat ons asseblief die ... Lees verder

INContext gebedsbrief

Liewe gebedsvriende Die Wêreldvoedselprogram het op Vrydag 8 November gesê dat bykans ’n miljoen van die 11 miljoen mense in Suid-Soedan deur verwoestende oorstromings geraak is en dat hulle dringend lewensreddende hulp benodig. Die regering het ’n noodtoestand in Bahr el Ghazal-staat, die groter opper-Nyl en Ekwatoria verklaar. Hulle doen ’n beroep op wêreldmagte vir ... Lees verder

Die brief van die Bybelgenootskap (effens geredigeer)

Beste Kollegas Hiermee gee ek net  weer inligting deur oor wat die Bybelgenootskap vir gemeentes bied vir die jaar van die Bybel. 1.Ingesluit hier is ? elektroniese brosjure oor die jaar van die Bybel en die 2 miljoen-Bybel projek. 2. Aan die einde van Desember of vroeg in Januarie gaan ons vir u ‘n boekie ... Lees verder