Senior Burgers Skud solank die Vere reg!

Almal ouer as 60 jaar, skakel asseblief so gou moontlik die kerkkantoor om ‘n sitplek op die bus na ons volgende uitstappie te bespreek.  Ons besoek die Roofvoël-rehabilitasiesentrum op die Spier Wynlandgoed vir ‘n interaktiewe sessie met verskeie spesies roofvoëls – interessant en opwindend! Daar sal ook geleentheid wees om iets by die Hoghouse BBQ/Bakery ... Lees verder

Uitreik na die speurdiens

Dis nou al ‘n hele paar jaar wat ons gemeente sorg dat daar elke Woensdagoggend ’n dominee of pastoor (ons het ‘n hele paar kerke en gemeentes betrek by dié aksie) by die speurders gaan om ’n kort boodskappie te bring. Die gedagte daarmee is dat ons uitreik na hulle om hulle te bemoedig vir ... Lees verder

Die Uitreik Na Nuwerus

De Eike is amper op pad om in Nuwerus te gaan kuier en ons is stil opgewonde daaroor! Slaapplek vir die uitreikspan is gereël en natuurlik moet hierdie jongmense wat saamgaan genoeg kos kry sodat hulle nie te veel na ma se kombuis verlang nie. Daar is twee voertuie wat die uitreikspan na Nuwerus gaan ... Lees verder

Hervorming 500: ‘n oordenking nav Romeine 1:17

“Sola gratia…” Stel jou voor dis 1521. In die paleis van die jong Duitse keiser Karel V in Worms. In die raadsaal staan ‘n jong monnik omring deur die room van die Duitse adel, omtrent 200 van hulle, met die keiser self voor in die middel. Maarten Luther weet van die skare wat al van ... Lees verder

Die Vrouetee saam met Wanda Bam

Die Kommissie vir Vrouelidmate het die afgelope Saterdagoggend ‘n heerlike damesoggend aangebied.  Die spreker was Wanda Bam (van Radio Kaapse Kansel) wat die dames geïnspireer het om “vreesloos vrou” te wees.  Sy het afgesluit deur ‘n gebed te sing.  Ds. Jandré wat die klank behartig het, was die enigste haan onder die henne. Nadat Ds. ... Lees verder

Hervorming 500

Saam met Protestantse kerke regoor die wêreld, vier die NG Kerk De Eike op 29 Oktober by die oggenddiens (09:00) die gebeure rondom die Kerkhervorming, vanjaar 500jr gelede, toe Martin Luther op 31 Oktober 1517 sy 95 Stellinge teen die deur van die slotkapel in Wittenberg vasgespyker het. Op versoek van ons orrelis, het dr ... Lees verder

Die 95 stellings 31 Oktober 1517 Wittenberg Duitsland

Uit liefde vir die waarheid en met die begeerte om die waarheid openbaar aan die orde te stel, sal daar in Wittenberg oor die volgende stellings gedebatteer word onder die voorsitterskap van die eerwaarde monnik Martinus Luther, met ‘n magistergraad in Vrye kunste (geestes wetenskap) sowel as in die heilige teologie, tans volle professor te ... Lees verder

Ons erfenis: ‘n paar gedagtes

Erfenisdag kom net een keer ‘n jaar, en Hervormingsfees500 net een keer in ‘n leeftyd. Dis seker dié dat ‘n mens by elke byeenkoms van die kerk, of dit nou ringsitting of sinode is, hoor van “ons gereformeerde erfenis” of “ons gereformeerde identiteit.” Dit het my laat wonder wat ons lidmate daaroor dink. Wat dink ... Lees verder

KHULA-groentetuine

KHULA is ‘n Xhosa-woord en dit beteken Groei. Dis natuurlik nie vir ons ‘n vreemde konsep nie: Groei en Sorg is deel van De Eike se Visie en Missie. God het ons geplant, daarom Groei en Sorg ons in Sy koninkryk. Maar wat is hierdie KHULA Groentetuine wat binnekort op ons kerkgronde gesien gaan word? ... Lees verder

Ringsitting

Op die afgelope Ringsitting is die situasie rondom ons buurgemeente, Digtebij, indringend bespreek. Ongelukkig kan die gemeente nie meer onafhanklik funksioneer nie. Verskillende opsies is op die tafel gesit en bespreek, oor hoe ons kan help om Digtebij die unieke rol waarvoor die Here hulle geroep het, in ons omgewing kan speel. Uiteindelik is besluit ... Lees verder