Die Othello-Bybelstudiegroep

Die Othello Bybelstudiegroep het op Woensdag 23 Mei vir die eerste keer byeengekom.  Omdat die eetsaal reeds bespreek was, het ons by Phillie en Elize van Wyk se huis bymekaar gekom.  Ons was 18 lede en Phillie-hulle se huis was omtrent vol!  Ons het met die Bybelstudie wat Hannes oor Matteus geskryf het, begin.  Dit ... Lees verder

InContex – bediening

Liewe gebedsvriende Die finale uitslae van Irak se eerste verkiesing na die Islamitiese Staat (IS) se skrikbewind is op 19 Mei aangekondig, ‘n week nadat kiesers na die stembus gegaan het. Die verkiesingsuitslag is met skok bejeën toe die omstrede anti-Amerikaanse geestelike Muqtada al-Sadr se Sairoon-alliansie as wenner uit die stryd getree het. Mnr. Sadr ... Lees verder

Jaco Thom se inligting:

  Skryf gerus aan my en gesels saam    Hallo Jaco se Bybelkoerant Ek het begin met ‘n nuwe bediening wat deur middel van eposse op intekenaars se tafel beland. Jy kan ook my webwerf Jaco se Bybelkoerant besoek as jy wil sien waarmee ek besig is. Ek het jou adres iewers gekry en die vrymoedigheid geneem ... Lees verder

DE EIKE BASAAR – 2 JUNIE 2018

‘n Basaar gebeur nie sommer net nie.  Baie mense werk baie hard om ‘n sukses te maak van dié geleentheid.  Daarom wil ek sommer begin deur dankie te sê aan almal wat reeds vir maande baie hard agter die skerms werk. In besonder wil ek al ons blokleiers, wykleiers en dienswerkers bedank wat ons hande ... Lees verder

Incontext-bediening gebedsvriende

Liewe gebedsvriende Op 13 Mei, slegs dae voor die begin van die maand van Ramadan, is Indonesië (met die grootste Moslembevolking ter wêreld), op hoë gereedheidsvlak na drie selfmoordbomaanvalle gerig op kerke in Surabaya wat 13 mense se lewens geëis het en meer as 40 ander beseer het. Die daders was geradikaliseerde lede van een ... Lees verder

Woorde wat elke kind moet hoor

Inleiding Ons kinders gaan in hulle lewens na baie woorde moet luister. Hulle word van alle kants af daarmee gebombardeer: woorde van ’n onderwyser, ’n predikant, ’n baas. Woorde van vriende en familie… Maar niks van hierdie woorde is naastenby so belangrik soos jou woorde as ouer nie. Daarom wil ek graag in hierdie gesprek ... Lees verder

Liewe Ouers Junior Kategese

Onthou asseblief dat ons as Kinderkerk voortaan nie meer as ‘n groep die Gesinsdiens gaan bywoon nie, maar dat die kinders wel saam met hul ouers “grootkerk” toe gaan.  Hierdie kwartaal : 10 Junie 2018. Nog veranderings :  Op 13 en 20 Mei (Pinkstertyd) : Geen Kinderkerk.  Die kinders woon die twee eredienste saam met ... Lees verder

“Dis Tyd om te Sing”

Bybel-Media in samewerking met die NG Sinode van die Wes-Kaap nooi gemeentes uit om deel te word van die begin van ? nuwe tradisie van massa-sangbyeenkomste wat op 8 September 2018 begin. Die eerste jaarlikse “Dis Tyd om te Sing”-massakoorsaamtrek van die NG Kerk sal op 8 September 2018 om 19:00 plaasvind in die Kaapstadse ... Lees verder

Othello Bybelstudiegroep

Ons wil graag ‘n twee-weeklikse Bybelstudiegroep in Othello aftree-oord begin.  Nadat ons ‘n steekproef gedoen het, is gevind dat lidmate verkies om twee-weekliks bymekaar te kom.  Hulle verkies ook dat die groep in die oggende bymekaarkom.  Ons byeenkomste gaan elke tweede Woensdag van die maand om 09:30 in Othello se eetsaal wees.  Ons eerste byeenkoms ... Lees verder