Belydenisklaskamp 2018

Die belydenisklas het die afgelope naweek by die High Africa avontuurkampterrein naby Worcester ‘n baie geseënde kamp beleef. Die grooste deel van Saterdag is spandeer aan die “avontuur”-gedeelte van die naweek.  Die spanaktiwiteite het praktiese probleemoplossing en goeie spanwerk vereis, terwyl die hoë toubaan elkeen uitgedaag het om hoogtevrees te oorkom en persoonlike uithouvermoë te ... Lees verder

Die NG Kerk en grondhervorming

Inleidend Die onderwerp van die aarde en die wyse waarop dit as grondgebied bewoon, bewerk en bewaar word deur die nasies, is ’n sentrale tema in die Bybel. Talle verhale in die Ou Testament word oor die belofte en besit van ’n spesifieke grondgebied vertel. Baie keer ook uit die hoek van die verlies daarvan ... Lees verder

Terugvoer uit die Kerkraadsvergadering

Woensdagaand 28 Februarie was vir Jandré ‘n baie groot een – dit was die eerste vergadering waar hy as voorsitter opgetree het. En nie net het hy dit oorleef nie – dit het sommer baie goed gegaan! ‘n Paar wetenswaardige besluite wat geneem is, is: Daar is besluit om die groot aantal instansies waarby ons ... Lees verder

Beloftes van Geloof

Die kerkraad het ‘n paar jaar gelede besef dat ons gemeente nie naastenby gehoorsaam is aan die groot sendingopdrag wat die Here vir ons gegee het net voor sy hemelvaart nie. Ons wat wel hier en daar betrokke, maar die meeste van ons energie was na binne gefokus. Na die opbou van die gemeente, en ... Lees verder

Senior Burger Klub

Ons het op dié stadium groter duidelikheid omtrent ons kwartaal uitstappie!  Die uitstappie sluit twee stoppe in.  Ons gaan eers Bellevue Landgoed besoek.  Ons wil graag die seniors die geleentheid gee om van naderby te sien hoe die prosesse werk om by dit uit te kom wat ons gewoonlik net in die glasies sien en ... Lees verder

Kom sing in De Eike se Kerkkoor

Ons gemeente se kerkkoor soek dringend na persone wat bereid is om hulle te verbind om op ‘n Dinsdagaand 19:00 – 20:00 saam te kom oefen.   Ons groot optredes is tydens Pinkster, met die Kerkkoorfees en by die Kerssangdiens.  Verder probeer ons ook by Nagmaalgeleenthede sing. As jy weet jy het ‘n sangstem en ‘n ... Lees verder

Hoe groot is jou Jesus? ‘n Praatjie deur Dave Bookless

Dave het natuurlik Engels gepraat (hy kom van Engeland) maar ek het agterna sy Powerpoint-notas in die hande gekry en in Afrikaans vir ons die volgende samevatting van sy praatjie gemaak: Dave het begin deur te vertel hoe hy as student in die St Martin-eilande in Sicilië vakansie gehou het in 1989. Aan die einde ... Lees verder

Wat is Aswoensdag?

Op my rak staan ‘n baie dik boek met die titel: “Dictionary of the Christian Church”. Kom ek stel hom aan die woord: “Aswoensdag is die eerste dag van die Lydenstyd (Engels = Lent). Dit word so genoem in navolging van die gebruik van die vroeë kerk en later ook die Rooms Katolieke Kerk om ... Lees verder

Eric Swanepoel

Na sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch, het Eric Swanepoel se bediening begin by die NG Kerk Durbanville Bergsig, waar hy as predikant bedien het tot einde 2014. Eric deel graag sy opgewondenheid oor wat die Here tans in die wêreld doen met mense. Job 42:5  “Tot nou toe het ek net gehoor wat ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 4. Die 3 dele van die Kategismus  Vraag 2: Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe? Antwoord: Drie dinge: Ten eerste, hoe groot my sonde en ellende is; ten tweede; hoe ek van al my sonde en ellende verlos word en ten derde hoe ... Lees verder