Hoe groot is jou Jesus?

Dave Bookless, ‘n befaamde internasionale spreker en eko-teoloog, is op 12 Frebruarie die hoofspreker by die geleentheid wat in De Eike se kerkgebou aangebied word. Hy sal ‘n praatjie lewer oor die Christen se verhouding tot die natuur. Dave is die direkteur vir Teologie by A Rocha Internasionaal, ‘n Christen-organisasie wat hom beywer om mense ... Lees verder

Radikaal Anders in 2018

In die media het ons die afgelope twee weke gereeld die storie gelees van twee jong seuns wat in die hartseer van ‘n treinongeluk hoop kom skep het.  Die storie laat my wonder. Sou ek dieselfde gedoen het?  Sou ek dalk ook, soos die twee seuns, oorgegaan het en ‘n radikale reddingspoging uitgevoer het in ... Lees verder

Parstyd aan die Here gewy

Op Vrydag 19 Januarie is daar ‘n byeenkoms in ons kerk gehou wat ons almal wat daar was, baie opgewonde gemaak het. Chris het die inisiatief geneem om ons plaasmense almal te nooi na ‘n spesiale geleentheid so op die drumpel van die Parstyd, wanneer ons dit aan die Here kan opdra en sy seën ... Lees verder

Die vergroting van die liturgiese ruimte

Dis nou al geruime tyd dat mense hardop wonder of daar nie ‘n manier is waarop ons die liturgiese ruimte (dis nou daardie oop spasie voor die kansel) kan vergroot nie. Elke keer wat ons Nagmaal bedien, of die een of ander optrede daar voor het, besef ons maar net weer dat dit eintlik baie ... Lees verder

Kerkkoor Uitnodiging

Die Kerkkoor van NG Kerk De Eike nooi jou hartlik uit om te kom aansluit by ons.  As jy ‘n sangstem het en kan noothou, is jy eintlik verplig om jou talent met ons te kom deel. Ons het stemme in al vier stempartye nodig vir 2018. Oefeninge is op Dinsdagaande om 19:00 – 20:00.  ... Lees verder

Senior Burger Klub 2018

2018 is hier!  Die Senior burger klub(SBK) het ‘n goeie afskop-jaar in 2017 gehad.  Ons het twee baie interessante uitstappies gehad.  Die eerste een was in die derde kwartaal na die Botaniese tuin op Stellenbosch en die tweede na die Rehabilitasiesentrum vir Roofvoëls by Spier.  Belangriker as die vermaaklikheidswaarde van dié uitstappies, is die verhoudings ... Lees verder

Handevat

Ons vier weer fees oor ‘n kind wat gebore is en oor ‘n nuwe jaar. Ons is eerlik oor die uitdagings van ons land, kerk, en wêreld en nogtans is dit ‘n GROOT fees, want ons kán fees vier en opgewonde wees oor nog ‘n jaar. Die realiteit is dat daar baie dinge moet verander, ... Lees verder

Nuus van FEBA radio

FEBA RADIO SA ONDERSTEUN FEBA PAKISTAN MET MEDIESE UITREIK Op 20 Augustus vanjaar is ‘n 1-dag mediese uitreik in Gujranwala provinsie van Pakistan aangebied. Hierdie uitreik was daarop gemik om gesondheidbewustheid te kweek en gratis mediese sorg te bied aan die armes van die plaaslike gemeenskap en aan FEBA Pakistan se luisteraars in die omgewing. ... Lees verder

Ds Danie Murray en sy handevat-projek

Ons werk in groepe van vroue, jeug en leiers en dan saam sessies en huisbesoek waar ons toepas wat gepraat is. Vir my was die hoogtepunt toe ‘n huisbesoek span se mans gaan hout optel vir ‘n behoeftige familie en die vrouens help om mielies te stamp. Dit omdat hulle geleer het om eers te luister ... Lees verder

Kerssangdiens

Ons kerssangdiens is vanjaar weer op die laaste Sondagaand van November, 26 November, om 19:00.  Die tema is Kersfees Nostalgie.  Dit beloof om weer ‘n lieflike aand van gemeentsang, koorsang, instrumente en “Kersfees-stories” te wees.  Onthou om ‘n kers in ‘n blaker/papierbord saam te bring.  Almal is hartlik welkom! René Ferreira Orrelis Lees verder