‘n Covidtyd-ervaring

Die gogga wat ‘n jaar gelede begin amok maak het op ons aardbol en later sy familie {mutasies} het ‘n groot omwenteling gebring in ons doen en late. Werkswyse, leefwyse, vervoer, ” you name it ” het heeltemal verander. Hier dink ek veral aan ons drie engele {boodskappers van God}. Die manne het vir jare studeer voordat ... Lees verder

Getuienisse van lidmate:

Nora van der Merwe vertel vir ons hoe dit was om in hierdie moeilike tyd afskeid te neem:   Met die lees van die nuusbrief het ek raakgelees dat die kerkgebou en dan die kerk op Sondae toe is, maar ek het in ‘n groot hartseertyd in my en my dogter se lewe dit verskriklik ... Lees verder

Charles

“Die huidige epedieme wat miljoene der miljoene mense se lewe omver gegooi het is nou basies ‘n jaar oud. Dit laat my dink aan ene Horatio Gates Stafford gebore 1828 . Hy en sy vrou, Anna, het in Chicago, VSA, gewoon en was geseën met vier kinders. Finansieel ook baie geseend en taamlik bates besit in eiendom. Sy beroep ... Lees verder

‘n Getuienis wat ons per WhatsApp van Juanita Geyer ontvang het

14 Desember 2020 “Hallo daar, die storie is eintlik vir ds Hannes, hy kan dit gebruik vir die kerkkoerant as hy wil, kan jy dit asb forward vir hom, ek het gister n nare ondervinding gehad, ek het gaan stap met my 2 staffie honde. Om die draai van ons is n baie kwaai bullterrier, ... Lees verder

MOENIE VERGEET OM GOD TE DANK NIE

Die klokkie by die voordeur lui en twee gehawende kindertjies in oorgroot jasse bo-oor verslete kleertjies het in die deurkosyn styf teen mekaar gesit. Hulle vra: „Het Tannie enige ou koerante?“ Ek was van plan om nee te sê totdat ek hulle voete – blou van die koue in sandale te klein vir die voete ... Lees verder

Oom Bokkie oor die eredienste

Dagsê Hannes, Eerstens, ek en Jo was in die week Karoo toe en ek het nog nie kans gehad om te reageer op jou preek nie. Voordat jy nou na jou asem snak – dit was vir ons ‘n fees ! Ons het dit verskriklik geniet om weer eens die gemeenskap van gelowiges te beleef ... Lees verder

Goeie nuus vanaf die orrelis!

Liewe Gemeente Twee jaar gelede het ek weer begin les neem by me Marian Steyl met die oog op ‘n lisensiaat kerkorrel-eksamen.  ‘n Mens moet onthou dat sy bereid is om haar professionele naam aan jou prestasies te koppel (sy gee klas by die US ook) en daarom klim jy in met alles wat jy tot jou beskikking ... Lees verder

Briefie van René

1 Augustus 2020 Liewe Gemeente So 3 maande gelede het ek ‘n epos van prof Gideon Els, Redakteur van Vir die Musiekleier (die amptelike publikasie van die SA Kerkorrelistevereniging) gekry.  Hy is besig met ‘n navorsingsprojek: Ons mees geliefde Kerklied en hy vra toe dat ek deel van die paneel sal wees.  In daardie tyd was ek op ... Lees verder

Terugvoer oor Roadhouse Basaar

Elise van Wyk. Ds Hannes, Met die lees van die kennisgwing in Die Akker waarin die Roadhouse Basaar die eerste keer bekendgemaak is, was ek baie opgewonde. Dit het my teruggeneem na die tyd van die Drommedaris, of sommer die “Drom” soos ons jong klomp daarna verwys het, langs Parow se Voortrekkerweg. Die aanknip van ... Lees verder

Riëtta oor die ander tafels

Hallo Hannes Ek wil graag hierdie in die e-nuusbrief plaas, vir wat dit werd is.  As die “verkopers” instem, kan ons dit dalk op die whatsapp groepe ook laat plaas. Liewe gemeentevriende Ons almal weet nou al dat ons nie hierdie jaar ‘n normale basaar het soos van ouds nie.  Ons het wel ‘n Roadhouse ... Lees verder