Lindie Williamson, ‘n Kinderkerk-Mamma skrywe

Ons het bietjie geleer oor Petrus verloën Jesus. Ons het die hoender gemaak want daar was gesê deur Jesus: Voordat die haan kraai sal jy my 3 maal verloën.” Die kinders het die tema baie geniet. Die ander prentjie is vir vandag, 21 Mei – Hemelvaart. Dis Zach (in die Gr 2-klas) en Moah (Kleuterkerk). ... Lees verder

Elsabé Marais se “voice note” oor die uitdeel van die sop en brood in Green Park

“Was amazing. Kaalvoetkindertjies wat loop, honger. Toe die sop opgeraak het, het hulle net brood gevra en een sny brood na die ander in hulle mondjies gedruk. Dis eintlik hartseer, maar vir my was dit vreugde gewees. Die kinders was daar gewees, en ek het hulle gedruk sonder om om te gee, want ek dink ... Lees verder

Korona-versie

Vroeër die maand ’n versie geskryf na ’n RSG-versoek vir korona-gediggies Die dwaas se hart sê daar’s geen God nie; Niemand anders beheer my lot nie; Ons is kragtig en so magtig; Onaantasbaar, dis waaragtig!   Maar nou die kleine, kleine kiem Wat ons mag en krag so striem. In die kryt se een hoek ... Lees verder

‘n Anonieme getuienis uit De Eike

Goeie dag Ds.Hannes Ek reageer op jou versoek Die Akker 3 April 2020. Ek het verlede jaar besef dat ek op 80 jaar dalk Alzheimer kan kry en dan my hele lewe vergeet. Toe besluit ek om te begin notas maak sodat ek kan naslaan…….as ek van die notas kan onthou! Ek kon my eerste ... Lees verder

Thea se gedagtes rondom Paasfees

Met Paasfees gedenk ons die feit dat Jesus se offer ons die ewige lewe laat erf. Jesus het sy vertroue in die Vader daadwerklik uitgeleef in sy gehoorsaamheid tot aan die kruis en daardeur oes alle gelowiges die lewe. In die boek Jakobus blyk dit duidelik dat God dieselfde van ons verwag. Jakobus gebruik Abraham ... Lees verder

Senior Uitstappie

KIRSTENBOSCH UITSTAPPIE Dinsdag 10 Maart 2020 Soos wafferse toeriste klim 48 senior burgers uit ‘n luukse bus by Kirstenbosch. Met swaaiende kameras om die nek val almal bewapen met hul ID boekie in ‘n ry by die ingangshek in. Elkeen kon ‘n koers deur die verskillende afdelings van die tuin inslaan na waarheen hy/sy eerste ... Lees verder

43 Jaar Jonk!

Ons bekommer dikwels so maklik, vergeet soms so vinnig en vertrou dalk by tye te min. Ons gemeente het hierdie week sy 43ste verjaarsdag gevier – en ek dink dit is ‘n geleentheid wat verdien om gevier te word.  Vir my beteken om iets te vier om in dankbaarheid terug te kyk en te onthou ... Lees verder

Cathy Fullard Groet

Op 1 November 2010 het ek die voorreg gehad om te begin werk by die Kerkkantoor. Ek het ‘n diepe dankbaarheid in my teenoor die gemeente vir my aanstelling in 2010. Dit was ‘n tyd van baie onsekerheid in my lewe. Dit het die tyd geword waarin ek God sien werk het en waarin die ... Lees verder

Thea aan die woord

Lied 190 se derde vers bedink hoe geloof ons in staat stel om in ‘n verhouding met God te staan bo wat ons daarsonder kan begryp: “U, oor alles God en Hoof, open oë van geloof, dat ons sien, geen goed of kwaad word aan toeval oorgelaat: Bokant ons begrip, verstand, hou U al wat ... Lees verder

Nuwerus – lewensveranderende ervaring

Goeie môre! Nuwerus…… sjoe…… daardie naam is verewig in my hart gegraveer en sal altyd deel van my lewe bly – net so ook die gemeenskap van Nuwerus!  Tot 2jr gelede het ek nie eens geweet daar bestaan ‘n dorp met die naam Nuwerus nie, tot ek van die 2017 Belydenisklas uitreik na Nuwerus gehoor ... Lees verder