ALPHA – Tafel 1

Ek was gevra om ‘n leier by die Alpha-kursus te wees. Met geen ondervinding het ek ingestem. Daar was ‘n leierskursus maar nogtans was ek maar op my senuwees. Boonop was tafel nommer een aan my toegewys en toe ek die lys van name sien wat by my tafel gaan sit was die knie maar ... Lees verder

Brief van Karin

Beste Trustlede Dit is met ‘n dankbare hart dat ek hier skryf. Dit was voorwaar ‘n groot voorreg om deel te kon wees van die 10de Child Trauma konferensie. Die blote teenwoordigheid sowel as die kennisbasis van groot geeste in die kinderbeskermingsveld was regtig iets om te beleef. Die aanbiedings wat die treffendste was, was ... Lees verder

Brief van Riëtta – Graad 2-juffrou vir die Kinderkerk

Ons benodig ‘n Graad 2  juffrou by die Kinderkerk.  Ons ontmoet so 7 tot 8 keer ‘n kwartaal.  Ons erediens, wat gesamentlik vir 60 tot 70 kinders aangebied word in die konsistorie, duur 40 minute.  Daarna verdaag die kinders na hul onderskeie klassies, waar hulle aktiwiteite doen wat die erediens tema vaslê.  Ons personeel hoef ... Lees verder

Vanuit die koor:

Wil jy gelukkig wees? Wil jy saam met ander God vereer tydens die erediens?  Sluit aan by De Eike se kerkkoor! ’n Koor wat met elke oefening en uitvoering musikaal en ook geestelik geïnspireer word. Navorsing van die afgelope paar jaar het bewys wat al die lede van skool- en kerk- en musiekgroepe en bands al ... Lees verder

René self oor: “Kom ons Sing”

Liewe Gemeente, Saam met al die ander NG gemeentes en kerkkore, is De Eike ook uitgenooi na ‘n geleentheid in die Kaapse Stadsaal op 8 September 2018:  Dis Tyd om te Sing!   De Eike se kerkkoor het reeds ingeskryf om daaraan deel te neem. Die organiseerders beoog om 500 sangers aan ‘n massakoor te laat ... Lees verder

Beni en Bethli Scheidegger

30 Desember 1941 – 22 Januarie 2018                    26 Julie 1941 – 19 November 2017 Beni en Bethli Scheidegger en hul twee seuns, Markus en Roman, het in 1972 van Switserland na Suid-Afrika geëmigreer. As gevolg van haar kennis en belangstelling in tuinmaak en plante word sy gou ‘n goeie vriendin van almal in Stewartstraat. Sy ... Lees verder

Die Psalms – Herinneringe

Ek was so bly toe Ds Hannes ons by die Bybelstudie vir Seniors verlede jaar meegedeel het dat hy besig is om vir ons ‘n studie vanuit die Psalms voor te berei.  En sommer dadelik het daar terugflitse in my gedagtes oor die inhoud daarvan opgekom. Dit het amper gevoel soos dit in Psalm 122 ... Lees verder

Senior Burger-uitstappie

Op Dinsdag 6 Maart 2018 om 09:00, sit die Senior Burgers die bus vol en wag opgewonde om na Bellevue te vertrek. Ds Johan vertel ons van sy vinnige voetwerk sedert Maandag die 5de Maart toe sy broer Dirkie hom ingelig het dat die besoek aan Bellevue ongelukkig nie meer kan plaasvind nie. Die rede ... Lees verder

Dis kouevleis, skat!

Die uitbreek van listeriose (ons het waarskynlik almal ‘n nuwe woord geleer!) – as gevolg van besmette koue en geprosesseerde vleisprodukte – oorheers die afgelope week nuusberigte en verslaggewing. Skielik is daar (vir die huidige) ‘n meer dringende krisis as die dreigende watertekort in die Wes-Kaap. Terwyl ek geensins die ernstige gevolge van listeriose uit ... Lees verder

Dag Zero – 21 04 2018

Die dag dat die krane toegedraai gaan word Almal het teen die tyd sekerlik al gehoor van die sogenaamde Dag Zero. Die vraag wat by meeste mense opkom is wat beteken dit presies en hoe gaan ek/ons deurdeur geraak word? As deel van die Stad Kaapstad se gebeurlikheidsbeplanning moet daar beplan word vir die moontlikheid ... Lees verder