Charles oor die Alpha-program

Op 18 Julie 2018 het sowat 50 mense bymekaar gekom vir die eerste Alpha kursus: onbekendes, bekendes, vriende ens. En so het ons elke week bymekaar gekom en geleer wat die Bybel sê en natuurlik ook wat mede-gelowiges sê, en ons het baie geleer. Op 26 September het ons afgesluit met Nagmaal. Gegroet maar nie ... Lees verder

Ons leraars – deel 2

Vandag gesels ons verder oor die res van ons leraars, Die volgende een wat by ons aangeluit het was Hannes Burger wat in Oktober 1992 vanaf Mosselbaai-Suid oorgekom het na ons toe. Hy is gebore in Ladysmith, Kwazulu-Natal, en het op baie plekke grootgesword. Hulle het in Pretoria (nie lank genoeg om ‘n Blou Bul ... Lees verder

Theo Boshoff se bydrae oor die leraars van De Eike – deel 1

Ons leraars “Ek is van mening dat daar baie lidmate is wat slegs die gesigte van ons leraars ken maar min verder van hulle weet. Hulle sal dit dalk interessant vind om hul beter te leer ken. Ek gaan nou eers die eerste twee bekend stel en volgende keer die ander. My persoonlike opinie is ... Lees verder

Riëtta se brief

Hallo Hannes Ek het sommer ‘n behoefte om hierdie briefie te skryf.  Weet nie of mens dit in die nuusbrief kan plaas nie.  Dit gaan sommer vir my oor die hart van De Eike. Sommer ‘n bietjie positiwiteit vandag : Ek dwaal “down memorylane”, en raak sommer bewus van De Eike se omgee-hart, wat  my ... Lees verder

Lize Fölscher oor die Kinderkerk

Ek wou net graag baie dankie sê aan die  gemeente  vir hulle bydraes vir die Kinderkerk se 3de kwartaal projek: Badisa se gemeenskapmoeders. (Hulle, die moeders, kyk na kinders onder 6-jaar terwyl die kinders se ouers gaan werk, hulle kan nie ander versorging vir hulle kinders deur die dag bekostig nie.) Ek het Maandag al ... Lees verder

Terugvoer van Senior-uitstappie

Ons toer na Alpaca-plaas by Klein Limietrivier (agter die Groenberg, Wellington) en die Toeka-restaurant op Donderdag, 20 September. Sewe en vyftig toerlede, insluitend dominee Johan en Riette Morkel, was verras om op die klein plasie, afgesien van ongeveer ses honderd Alpaca-skape, soveel baie kosbare en duur masjiene te sien, waarmee die skaapwol verwerk word tot ... Lees verder

Elsa Welman se getuienis oor Zané se siekte: MY JAAR 2018

Vakansie is verby, kinders is terug skool toe. Terug na normale roetine. Ben sien ‘n erfie te koop in Struisbaai en sê dadelik hy wil dit koop, so ‘n paar finansiële dinge sal moet verander, indien ons wil begin bou. Onder andere besluit ons om van mediese fondse te skuif, net omdat Medihelp goedkoper is. ... Lees verder

Nuus vanuit die Alpha Kursus

Coen de Milander Dankie vir die geleentheid om so teen die helfte van die looptyd van die Alpha kursus die getuienisse van die individuele lede van ons tafelgroep saam te vat om met die res van die gemeente te deel. Jesus het met Sy hemelvaart gesê: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, ... Lees verder

Matie MacArthur se getuienis oor Alpha

Alpha is ‘n geleentheid om mekaar en vir God beter te leer ken.  Soos julle reeds weet bespreek ons elke week ‘n vraag of twee – eenvoudige vrae maar wat jou ernstig laat dink.  So was die een vraag:  Hoe weet jy dat Jesus lewe?  Een antwoord wat my vir altyd sal bybly is: Hy ... Lees verder

‘n Plan vir Green Park: Ondersteuningsgroep vir kleuterskool

By die skooltjie in Green Park moet die kinders soms moeilike omstandighede die hoof bied. So is die container vir die kleuterskool byvoorbeeld laer as die grondoppervlakte opgerig, sodat dit elke jaar gedurende die winter binne en buite oorstroom het. Dit het beteken dat die kindertjies oor sandsakke moes loop om by die droë containerklaskamer ... Lees verder