Parstyd in die Bottelary

ONS VRA DIE HERE SE SEËN OP DIE PARSTYD. Almal in die Bottelary word uitgenooi om saam met De Eike Gemeente die Here se seën te vra op die oestyd wat op hande is. Ons bid saam vir ’n geseënde oes en dat die Here elke persoon op elke plaas sal beskerm en bewaar. Kom ... Lees verder

Vir oulaas: 2017 se Nuwerus-uitreik

Hierdie is ‘n fotobeeld oor ons naweek uitreik na Nuwerus; ek hoop dat as jy hierdeur blaai, jy iets van Jesus se teenwoordigheid sal ervaar. Dis ‘n informele blad, so Ds. Chris Barnardo is in alle liefde Chris. Waar het dit alles begin? Hoe het ons by Nuwerus uitgekom, wil jy ook seker weet? Tydens ... Lees verder

De Eike se Senior Burgers voel Vere

By die Rehabilitasiesentrum vir Roofvoëls by Spier, het De Eike se groep van 43 senior burgers ’n uitsonderlike stukkie omgee vir die natuur beleef. Hierdie fasiliteit staan bekend as Eagle Encounters, want dis presies wat daar met ‘n mens gebeur – jy ontmoet ’n sekretarisvoël, of ’n kransaasvoël, ’n geelbekwou*, ’n bleeksingvalk, ’n rooiborsjakkalsvoël of ... Lees verder

DIE UITREIK NA NUWERUS – Kort Weergawe

Vrydag, 27 Oktober 2017 het waarskynlik vir Kuilsrivier-De Eike gemeente die oorsteek van ‘n belangrike grens beteken.  Op hierdie dag is ‘n groep mense uitgestuur na Nuwerus om te gaan bedien.  Die aanvanklike doel was om te gaan om aan Ds. Chris se belydenisklas te demonstreer hoe ‘n mens met jou normale menswees kan uitreik ... Lees verder

DIE UITREIK NA NUWERUS – Volledige Weergawe

Wat ‘n wonderlike ervaring was dit nie!!  Soos Amanda Basson, suster van Isobel Gresse, ‘n gemeentelid van De Eike gesê het: “Alle eer aan die Here” vir wat gebeur het en wat nog gaan gebeur”. Vooraf;… vir die mense wat nog nie weet nie wil ons ‘n kykie gee van waar alles begin het.  ‘n ... Lees verder

Die uitreik na Nuwerus

De Eike is amper op pad om in Nuwerus te gaan kuier en ons is stil opgewonde daaroor! Slaapplek vir die uitreikspan is gereël en natuurlik moet hierdie jongmense wat saamgaan genoeg kos kry sodat hulle nie teveel na ma se kombuis verlang nie. Daar is twee voertuie wat die uitreikspan na Nuwerus gaan vervoer ... Lees verder

Imagine Kidz

Gedurende die afgelope skoolvakansie is ‘n vakansieprogram vir laerskoolkinders (ouderdom 10-12) in Hoërskool De Kuilen se aktiwiteitsentrum aangebied. Speletjies, handwerk, lof en aanbidding was op die program. Mag die kinders se opgewondenheid ons aanmoedig om elke dag opgewonde te bly oor God se liefde! Hier is ‘n videogreep wat iets van die week weergee.   Lees verder

‘n Nuwe Storie vir De Eike?

As mens terug kyk na die afgelope 40 jaar van De Eike se storie, kan mens nie anders as om bewus te raak van God se genade nie.  As jy in die gange van die kerk loop sien jy foto’s wat ons herinner van ‘n God wat ‘n spesifieke plan gehad het vir De Eike.  ... Lees verder

Projek Nuwerus – Kos vir Diere

Die uitreik na Nuwerus maak nuwe energie los in ons Gemeente. Die uitreikspan gaan voer (mielies) vir die diere saamneem. Ons vertel met dankbaarheid van die wonderlike gesindheid van De Eike se lidmate. Tot op hede het ons al reeds 2,2 ton voer wat ons einde Oktober 2017 in Nuwerus gaan aflewer. Kom ons kyk ... Lees verder

Nuwerus-uitreik

Die reaksie op ons Uitreik na Nuwerus (27-29 Oktober 2017) is oorweldigend! Ons Skoenboksprojek waarmee ons die kinders van Nuwerus mee gaan verras, het so baie gunstige reaksie ontlok. Vir slegs R100,00 pak ons vir elke kind ‘n skoenboks propvol verrassings! Dalk wil jy deel word van hierdie uitreik deur ons te help met die ... Lees verder