Othello dra kos aan!

n Biduur vir Othello Aftree-oord se inwoners vind elke 1ste Woensdag van die maand in die eetsaal plaas wat om die beurt deur ‘n dominee van De Eike en Heidekoppie waargeneem word. Jaarliks tydens die laaste biduur van die jaar kry inwoners in die oord die geleentheid om iets vir beide gemeentes se koskas saam ... Lees verder

Nuwerus 2019

ALLES BEGIN MET ’n VISIE : NUWERUS UITREIK   Twee jaar gelede het De Eike daarvan begin droom om ’n verskil te maak, hoe klein ook al, in die lewens van Nuwerus se mense. De Eike se lidmate is toe uitgedaag om saam aan hierdie droom vlerke te gee. So het die boksie-projek momentum begin ... Lees verder

Riëtta skrywe na aanleiding van die verjaardag van die Kinderkerk:

Liewe De Eike Gemeente Wat ‘n voorreg om gister ons Kinderkerk se 5de verjaarsdag te beleef!  ‘n Hele paar van ons “lidmate” was in graad een toe ons afgeskop het, is tans ons seniors in graad 6, en verlaat ons aan die einde van die jaar, snik-snik.    Hulle is ons groot staatmakers wat dankoffer opneem, ... Lees verder

Kinderkerk vier 5 Jaar

Liewe De Eike Gemeente Dit is ‘n groot voorreg om vanjaar 5 jaar by die Kinderkerk betrokke te wees. Aanvanklik was dit iets wat van min af met net ‘n paar klasleiers moes begin en het Tannie Riëtta vir ons temas uitgewerk volgens haar vorige ervaring by die Kinderkrans, sy het seker gemaak ons elkeen ... Lees verder

Riëtta Odendal Getuienis – 11 April 2019

Ek deel graag my getuienis : Op 15 Februarie 2019 het ek flou geword, as gevolg van ‘n bloeiende maagseer.  Ek was nie eers bewus van ‘n maagseer nie, wat nog van ‘n bloeiende een.  Op daardie stadium het ek al heelwat bloed verloor, en moes 4 eenhede bloed ontvang in die hospitaal. Lang storie ... Lees verder

Senior Burgerklub besoek !Kwah ttu

Woensdag 13 Maart 2019 om 9:10 vertrek ons gemeente se seniors per luukse bus na !Kwah ttu, uitgespreek ‘kwa-toe’. Ds Johan is ‘n man met ‘n plan en doen sommer huisbesoek in die bus. By !Kwah ttu aangekom ontvou die leefwêreld van die afstammelinge van die eerste mense voor ons oë. Eerstens is ons na ... Lees verder

Jandré in Ceres

                          Hier is die boublokkies wat Jandré by die geleentheid uitgedeel het   Lees verder

Die Senior Burger Klub besoek die Planetarium in Kaapstad.

So breek die laaste uitstappie vir 2018 aan. Almal is betyds vir die bus en toe ds Johan die name een vir een uitroep, kon jy die gemoedelike atmosfeer duidelik waarneem. Na ‘n gebed deur ds Johan val ons in die pad in die rigting van die N2. Ons ry verby woongebiede wat my weer ... Lees verder

De Eike se Gholfdag

Só lyk die brief wat ek van O’Den af gekry het oor die gholfdag: 12 /11/ 2018 GEBORGDE GHOLFDAG 2018 Ons jaarlikse geborgde gholfdag is ‘n baie gewilde geleentheid. Dit word vanjaar vir die negende keer by Jan Kriel Gholfklub op 1 Desember aangebied. Ons opregte dank en waardering aan donateurs en borge wat ons ... Lees verder

Kersuitvoering 2018

Liewe Gemeente Hierdie jaar se Kersuitvoering is vir my baie spesiaal.  Tydens die Pinkster preek ds Hannes en hy noem die 3 Wyse Manne by die naam en binne ‘n oogwenk raak hulle “regte mense” vir my en inspireer dit my om te begin lees hieroor.  Die uiteinde is dat Adinda Vermaak vir ons gemeente ... Lees verder