AMANDA SE DANKBAARHEIDSTUIN

Amanda Kotzé was ongeveer twintig jaar gelede vir die eerste keer met kanker gediagnoseer. Tans is dit haar passie om haar dankbaarheid in die tuine van die kerkgronde uit te leef. Stadig maar seker is sy besig om op eie koste die tuine te verfraai. Haar droom is om De Eike ’n baken van hoop ... Lees verder

Dankbaarheid COVID-19 – Sanet Koen

Liewe Gemeente, Middernag van 31 Julie 2020 kry ek ? oproep wat my tot in my siel toe skok – my dokter deel my mee dat ek Covid positief toets. Hy praat met my oor moets & moenies, self isolasie, maar niks registreer nie. Daarna sê hy ek moet lekker slaap – nogal gedink hy’t ... Lees verder

Hennie en Sonja Barnard se Grenstyd-kuier

Sonja skrywe: Hi Johan. Hoop dit gaan goed met julle twee, Ek stuur vir jou die foto’s van my kinders se oulike idee om by ons te kom kuier vanoggend. Ons kleinkinders mag nie in die oord inkom nie. Wys jou net. ‘n Boer maak ‘n plan. Dis my seun Christo Barnard, sy vrou Elsa ... Lees verder

Johan Loubser

Klaagliedere van Jeremia “Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra … [Klaagliedere 3:24-25] Ek verstaan uit die Boek wat Jeremia geskryf het dat dit toe met hom en sy volk uiters sleg gegaan het, ... Lees verder

Virtuele nagmaal

  Een van die goeie dinge van Grendeltyd, is dat dit ons daaraan herinner dat elkeen van ons ‘n persoonlike verantwoordelikheid vir ons geestelike groei het. Daarom was dit vir my so mooi om weer te hoor hoe lidmate moeite gedoen het met verlede week se Nagmaal, en vir hulleself ‘n gewyde geleentheid ingerig het ... Lees verder

Die Plantjie-stalletjie

Hallo liewe gemeente-vriende Ek kry mos toe ‘n “brainwave” oor die basaar, met dié dat ons ‘n “roadhouse” gaan hê, maar daar gaan net kos te koop wees. Een van my gunstelinge by die basaar is altyd die vetplant stalletjie van Maranda van der Merwe.  Die plantjies word met liefde deur haar uitgeplant en versorg, ... Lees verder

Johan en Miemie Loubser oor die Grendeltyd

Inperking vir Johan en Miemie Loubser Ons het op 29 Junie 2006 in die Veritas-kompleks op die hoek van Buitekant- en Proteaweg ingetrek en onsself baie voorbarig by “die kerk met die Oop Deure” in Proteaweg gaan aanmeld, maar om een of ander rede – ons weet tot vandag toe nie wat dit was nie ... Lees verder

Tannie Mary en haar poppies

Mary Liebenberg is in 1937 gebore, en bly op die oomblik by haar kinders, Schalk en Charlene Botes, in Jagtershof. Hulle skakel by De Eike gemeente in. Op ‘n ouderdom wat baie mense afgetree het van enige betrokkenheid by die kerk se werk, brei tannie Mary al van 2010 af poppies vir Straatwerk (wat die ... Lees verder

Elize van Wyk vertel oor André van Greunen se handewerk

Handwerk het my nog altyd geboei. Dit maak nie saak wat ‘n persoon met sy hande skep nie, vir my bly dit elke keer iets besonders. Ek weet dat André van Greunen hom besig hou met mosaïekwerk. So sien ek “Die Laaste Avondmaal” in sy huis – ‘n groot muurbehangsel van 60cm x 120cm – ... Lees verder

Nog ‘n Grendeltyd-verhaal

Goeiemore Die 23ste Junie, 4 jaar gelede is ons seun Renè tydens ‘n spieshengeluitstappie in Arniston deur ‘n haai aangeval waartydens hy ernstige beserings aan sy hand en been opgedoen het.  Ons is so dankbaar teenoor ons skoonseun alex wat dadelik reëlings getref het vir ‘n helikopter om hom in Struisbaai te gaan haal en na ... Lees verder