Lize se storie

My Jabes verhaal Tydens die Covid 19 grendeltydperk het ek my werkskontrak verloor. Ek is seker daarvan baie mense het dié seer gevoel, veral ook wanneer mens so ‘n passie vir die werk het. Ek was ‘n maand werkloos en deur die moeilike tyd het ek en my ma bly vashou aan die hoop dat ... Lees verder

Die satelliethuis van Durbanville kinderhuis

Na al die navrae wat ons in die afgelope week na Johan se preek Sondag oor die Kinderhuis Satelliethuis gekry het, hier is die inligting daaroor: Die huis se naam is LILI-huis, en dis ‘n akroniem vir “Leaping Into Life Independently”.  In daardie huis woon slegs skoolverlaters, en poog hulle om die kinders voor te ... Lees verder

Mariana oor grendeltyd

Grendeltyd My Grendeltydstorie begin 2 weke voor die begin van die inperking op Vrydag 27 Maart 2020. Op Vrydag 13 Maart – nee ek is nie bygelowig oor Vrydag die 13de nie – hoor ek by die dokter dat daar poliepe is wat so gou moontlik verwyder moet word. Woorde wat jou nekhare regop laat ... Lees verder

Nog stemme uit die aftree-oorde

Ds Hannes, Ds Chris, Ds Johan Na aanleiding van u versoek dat lidmate wat hierdie nuusbrief [12 Junie] lees ASB ook `n stukkie sal skryf oor hoe hy/sy die grendeltyd ervaar. Ek glo ook dat die e-nuus-kommunikasie `n ideale geleentheid is om nie net `n eensydige gesprek te wees nie – wat ons huisgesin [van ... Lees verder

Grendel-tydverdrywe

Elmarie, het gewikkel met stoele, maskers en proppe (sy dring darem daarop aan dat sy nie self al daardie bottels leeggemaak het in die Grendeltyd nie!)                                       Dit IS nogal baie proppe… maar kyk net watter flukse ... Lees verder

Calie van der Watt oor die Grendeltyd in Othello

Goeie dag ds Hannes Die eerste drie maande van die grendeltydperk was vir die inwoners van Othello maar ‘n moeilike tyd. Ons wat soos een groot familie gereeld oor en weer in mekaar se woonstelle en huise gekuier het was skielik ingehok soos diere in die dieretuin. Orals het kennisgewings verskyn met die boodskap: “Bly in jou ... Lees verder

Stemme uit Andanté Aftreeoord

“Wat het ons gedink en beleef toe ons gehoor het van die totale afsondering, en van die eensaamheid toe ons geen gaste meer mag ontvang het nie? Dit was erg dat alles toegesluit is – die kerke, die winkels, en die skole. Hier in Andanté mag ons nie eens by ons bure gaan kuier het ... Lees verder

Tannie Anna se straatpartytjie

Kan jy dit nou oorvertel! Tannie Anna Jacobs van Othello het, 3 Junie, ‘n geseënde 90 jaar oud geword. Haar kinders het ‘n heerlike wegbreek beplan om haar groot verjaarsdag saam met haar te vier. Maar toe gebeur Covid-19 wat haar planne totaal verander. Sy beland toe letterlik op straat mer haar verjaarsdagkoek. Met die ... Lees verder

Terug Skool toe

Na ‘n laaaaaaang tyd is ons weer terug by die skool en volstoom aan die gang.   Dit was heerlik om almal weer te sien … kollegas en daarna die kinders. Ek het opnuut besef hoe ons almal mekaar nodig het en wat dit is om afgesonder te wees. Ons leerders lê ons baie na ... Lees verder

Kerskaartjies 2020

René skrywe: Gedurende die grendeltyd het ek gewonder watter bydrae ek kan lewer.  Vir baie jare beplan ek noual om kerskaartjies te maak van die grafika wat Christa de Kock, afgetrede Kunsonderwyseres, ‘n hele paar jaar vir ons geskets het vir die voorblad van ons Kerssangdiensprogramme.  (Christa is ook die persoon wat einde verlede jaar die kerstoneel wat ... Lees verder