Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 2. Nog ‘n paar opmerkings  Maar wag, voordat ons wegvlieg met die kategismus, moet ons dalk net eers kyk waar dit inpas. Ek wonder of jy verlede week toe ek gepraat het van die “Drie Formuliere van Eenheid” enige idee gehad het waarvan ek praat. Weet jy ooit wat die belydenisskrifte is ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 1. Inleiding Baie jare gelede kon jy vergeet van “aangeneem”  word in ons kerk as jy nie darem ten minste die name van die drie “Formuliere van Eenheid” (ons kerk se geloofsbelydenis) geken het nie. Jy kon ook baie seker wees dat een van die ouderlinge op daardie dag wat julle getoets ... Lees verder

Alpha-kursus

Alpha is ‘n inleidende kursus tot die Christelike geloof en bestaan uit 13 sessies wat handel oor die sleutelaspekte van Christenskap. Die kursus duur dertien weke met een sessie per week op ‘n Woensdag om 18:45. Die normale program vir elke weeksaand bestaan uit die volgende: Kos– Aandete word saam geniet sodat daar tyd is om te gesels en mekaar beter te ... Lees verder

Om jou kleinkind te doop

Ek het nou al die voorreg gehad om beide van my dogters se huwelike waar te neem. Al twee geleenthede was vir my baie spesiaal, en albei kere moes ek maar by tye groot slukke sluk om net die emosies bietjie onder bedwang te hou. Toe die gemeente dus verneem dat Francois en Nannette gereël ... Lees verder

Jandré se avontuur

Ek sit soms in ‘n koffiewinkel en luister na die stem van Eva Cassidy as sy Bob Thiele en George David Weiss se “What a wonderful world sing.”  ‘n Sterk versoeningslied wat in die laat 60’s deur Louis Armstrong gesing is om op ‘n kreatiewe manier mense met mekaar te laat versoen.  Die realiteit is ... Lees verder

RADIKAAL ANDERS: DISSIPELSKAP IN DE EIKE VIR 2018

Benedict Allen (58), ’n bekende Britse ontdekkingsreisiger word in Papoea-Nieu-Guinee vermis. Hy is drie weke terug diep die oerwoud in om met die Yaifo-stam kontak te maak, een van die min stamme wat nog geen kontak met die buitewêreld het nie. Soms wonder ek of ons bereid is om te waag en ons lewens op ... Lees verder

Radikaal anders in 2018

n Paar jaar gelede kyk ek een aand op die televisie na ‘n woordvoerder vir die een of ander groep wat weer chaos in een van ons stede se strate veroorsaak het. “Ons is ‘n radikale beweging” het hy ewe selfvoldaan kwytgeraak, “en ons het radikale doelstellings!” Ek het summier die kanaal verander. Want jy ... Lees verder

BIDDAG teen geweld – misdaad – droogtes

Die afgelope week het ons die volgende e-pos ontvang van sinodale kant af: “Die Moderatuur van die NG Kerk is deeglik bewus van talle vorme van nood in ons land. Ons is op die oomblik baie bekommerd oor die mate van geweld en misdaad en die impak van droogtes op lewe en die omgewing. Die ... Lees verder

DE EIKE REIK UIT NA NUWERUS – Ds Chris Barnardo

Ons was gestuur om die mense van Nuwerus te gaan bedien…toe word ons bedien! Wat aanvanklik beplan was om ’n uitreik vir die belydenisklas te wees, het gegroei tot ’n volwaardige uitreikspan met drie doelwitte: Om 10 ton lusernpille vir die boere van Nuwerus te neem. Om die kinders van Nuwerus te bedien. Om ’n ... Lees verder

Gedagtes oor die Tiende Maand Dankoffer

As jy al ooit gewonder het hoekom jy as gelowige ‘n dankoffer moet gee, kan ek nie beter doen as om jou na Deuteronomium 8 te verwys nie. Daar lees ek: “Jy kan dalk dink:  my krag en my sterk hande het vir my al hierdie rykdom verwerf.   Maar jy moet die Here jou God ... Lees verder