Senior Burgers Skud solank die Vere reg!

Almal ouer as 60 jaar, skakel asseblief so gou moontlik die kerkkantoor om ‘n sitplek op die bus na ons volgende uitstappie te bespreek.  Ons besoek die Roofvoël-rehabilitasiesentrum op die Spier Wynlandgoed vir ‘n interaktiewe sessie met verskeie spesies roofvoëls – interessant en opwindend! Daar sal ook geleentheid wees om iets by die Hoghouse BBQ/Bakery ... Lees verder

Uitreik na die speurdiens

Dis nou al ‘n hele paar jaar wat ons gemeente sorg dat daar elke Woensdagoggend ’n dominee of pastoor (ons het ‘n hele paar kerke en gemeentes betrek by dié aksie) by die speurders gaan om ’n kort boodskappie te bring. Die gedagte daarmee is dat ons uitreik na hulle om hulle te bemoedig vir ... Lees verder

Die Uitreik Na Nuwerus

De Eike is amper op pad om in Nuwerus te gaan kuier en ons is stil opgewonde daaroor! Slaapplek vir die uitreikspan is gereël en natuurlik moet hierdie jongmense wat saamgaan genoeg kos kry sodat hulle nie te veel na ma se kombuis verlang nie. Daar is twee voertuie wat die uitreikspan na Nuwerus gaan ... Lees verder

Die uitreik na Nuwerus

De Eike is amper op pad om in Nuwerus te gaan kuier en ons is stil opgewonde daaroor! Slaapplek vir die uitreikspan is gereël en natuurlik moet hierdie jongmense wat saamgaan genoeg kos kry sodat hulle nie teveel na ma se kombuis verlang nie. Daar is twee voertuie wat die uitreikspan na Nuwerus gaan vervoer ... Lees verder

Hervorming 500: ‘n oordenking nav Romeine 1:17

“Sola gratia…” Stel jou voor dis 1521. In die paleis van die jong Duitse keiser Karel V in Worms. In die raadsaal staan ‘n jong monnik omring deur die room van die Duitse adel, omtrent 200 van hulle, met die keiser self voor in die middel. Maarten Luther weet van die skare wat al van ... Lees verder

Die Vrouetee saam met Wanda Bam

Die Kommissie vir Vrouelidmate het die afgelope Saterdagoggend ‘n heerlike damesoggend aangebied.  Die spreker was Wanda Bam (van Radio Kaapse Kansel) wat die dames geïnspireer het om “vreesloos vrou” te wees.  Sy het afgesluit deur ‘n gebed te sing.  Ds. Jandre wat die klank behartig het, was die enigste haan onder die henne. Nadat Ds. ... Lees verder

Imagine Kidz

Gedurende die afgelope skoolvakansie is ‘n vakansieprogram vir laerskoolkinders (ouderdom 10-12) in Hoërskool De Kuilen se aktiwiteitsentrum aangebied. Speletjies, handwerk, lof en aanbidding was op die program. Mag die kinders se opgewondenheid ons aanmoedig om elke dag opgewonde te bly oor God se liefde! Hier is ‘n videogreep wat iets van die week weergee.   Lees verder

‘n Kwarteeu in een gemeente…

Vyf-en-twintig jaar is nogal ‘n lang tyd. Ek onthou hoe prof Dawid de Viliiers (die een vir wie ons altyd “Heilige Dawid” gesê het) ons atyd gewaarsku het dat ‘n dominee tog nie te lank in een gemeente moet bly nie. Julle is leraars, broers, het hy met groot nadruk gesê. Nie travelaars of setlaars ... Lees verder

‘n Nuwe Storie vir De Eike?

As mens terug kyk na die afgelope 40 jaar van De Eike se storie, kan mens nie anders as om bewus te raak van God se genade nie.  As jy in die gange van die kerk loop sien jy foto’s wat ons herinner van ‘n God wat ‘n spesifieke plan gehad het vir De Eike.  ... Lees verder

Hervorming 500

Saam met Protestantse kerke regoor die wêreld, vier die NG Kerk De Eike op 29 Oktober by die oggenddiens (09:00) die gebeure rondom die Kerkhervorming, vanjaar 500jr gelede, toe Martin Luther op 31 Oktober 1517 sy 95 Stellinge teen die deur van die slotkapel in Wittenberg vasgespyker het. Op versoek van ons orrelis, het dr ... Lees verder