Agtergrond van die Bybel

Amos  Kerntekste: “Amos het gesê: Wanneer die Here uit Sion brul, wanneer Hy sy stem uit Jerusalem laat hoor, verdor die weivelde van die herders en verdroog die top van Karmelberg.” (Amos 1:2) Die Boek Amos: – Amos word soms “Die Prediker van God se Geregtigheid” genoem weens die sterk standpunt wat hy inneem teen ... Lees verder

RIËTTA OOR DIE KINDERKERK

Hallo almal Ons is maar nog steeds onseker op watter manier ons volgende jaar sal voortgaan met Kinderkerk, maar moet tog beplanning doen asof alles normaal gaan funksioneer. Daarom neem ek die vrymoedigheid om te vra of daar enigiemand is wat graag by ons klasleierspan sal wil aansluit.  Ons benodig een persoon, en hy/sy sal ... Lees verder

‘n STUKKIE AGTERGROND OOR DIE KINDERKERK

Ons Kinderkerk is gestig in Augustus 2014, en is dus nou 6 jaar oud.  Daardie jaar se graad 6’e was net 5 maande met ons, en moes toe oorbeweeg na die aanddiens in graad 7. Hulle is hierdie jaar in matriek, en het reeds belydenis van geloof afgelê. Komende Sondag sê ons totsiens vir 2020 ... Lees verder

DIE SATELIET-HUIS VAN DIE DURBANVILLE KINDERHUIS

Hallo liewe gemeente Ek het nog iets op my hart rondom die satelliethuis van die Durbanville Kinderhuis, Huis LILI. Die kinders se verblyf staan nou einde se kant toe by die kinderhuis, omdat hulle 18 jaar oud is, en klaarmaak met skool.  Die paar kinders wat gekeur is vir beurse om te studeer by Northlink, ... Lees verder

Agtergrond van die Bybel

Joël  Kerntekste: ”Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep. Wie weet ... Lees verder

KERSVIDEO : 22 NOVEMBER 2020 : 09:00

Met die inperking vanjaar, én die gevolg dat ons eers nie toegelaat is om eredienste in die kerkgebou te hou nie, het ons deurgedruk met my voorstel dat daar vanjaar ‘n kersvideo gemaak word.  Dit impliseer darem dat 250 gemeentelede dit ín die kerkgebou kan bywoon én dat dit op die web geplaas kan word ... Lees verder

Nagmaal in die tyd van Covid-19

Hierdie naweek gaan ons vir die eerste keer weer saam in die kerkgebou nagmaal vier. Maar natuurlik kan dit nie sommer net “soos altyd” gebeur nie! Om mee te begin, kan ons nie die eredienswerkers met bordjies omstuur nie – die tekens gaan daarom by die deure beskikbaar wees, en jy moet tog onthou om ... Lees verder

Nuus oor die nuwe Bybelvertaling

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika stel met trots die nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel bekend. Die Bybel: 2020-vertaling, is die jongste, mees relevante Afrikaanse vertaling wat saamgestel is uit die nuutste beskikbare brontekste. Die vertaling streef daarna om lesers te laat voel of die Bybelskrywers van ouds in hul eie woorde self die wonderlike liefdesverhaal ... Lees verder

Agtergrond van die Bybel

Hosea   Kerntekste: “Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel? Hoe kan Ek jou vernietig soos Adma, met jou maak soos met Sebojim? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk. Ek sal my gloeiende toorn bedwing, Ek sal nie so ver ... Lees verder