Johan oor 2021

Alweer ‘n nuwe jaar, 2021. Ek dink onwillekeurig terug na verlede jaar hierdie tyd. Min het ons geweet wat 2020 vir ons sou inhou. Min het ons geweet ons gaan ‘n jaar tegemoed waarin ons maskers sal moet dra, sosiale afstand tussen mekaar sal moet handhaaf en hAndréinigers voortdurend sal moet gebruik!   Min het ... Lees verder

Nuus vanuit die Uitvoerende Kommissie

Die UK het op sy vergadering wat Woensdagoggend met al wat protokol is in plek, homself opnuut verbind tot deursigtigheid. In hierdie tyd waarin die groter kerkraad nie bymekaar kan kom nie, is dit belangrik dat die gemeente wel deeglik kennis dra van sake wat op die oomblik in De Eike aandag vra. Ons het ... Lees verder

RIËTTA SE BERIGGIE OOR HUIS LILI

LIEWE gemeente HUIS LILI (LEAP INTO LIFE INDEPENDENTLY) Soos julle weet, het ek hierdie jaar betrokke geraak by die satelliethuis van die Durbanville Kinderhuis, Huis LILI, om vir Lize Fölscher (my regterhand en linkerhand by die Kinderkerk) by te staan met raad en daad.  Sy was die skoolverlaters by LILI se versorger vir drie maande. ... Lees verder

‘n OPMERKING VAN ONS FONDSE-VOORSITTER

Ek het ‘n paar weke gelede in my voorbereiding vir ‘n vergadering van die Fondse-kommissie beplan om vir die kommissielede te sê dat ek nie al die antwoorde het nie; hulle moet asseblief help dink aan oplossings.  Terwyl ek na die vergadering toe ry, is ek egter tot ander insigte gebring. Ons sê so maklik: ... Lees verder

Agtergrond van die Bybel

Obadja  Kerntekste: “Die openbaring wat Obadja ontvang het. So sê die Here my God oor Edom: Ons het ’n boodskap ontvang, en dit kom van die Here af. Daar is ’n boodskapper onder die nasies rondgestuur om te sê: “Maak klaar, kom ons gaan maak oorlog teen Edom!” Die Here het gesê: Edom, Ek maak ... Lees verder

DIE VERHAAL VAN DOMINIC

“Mamma, ek wil nie meer leef nie. Hulle spot my altyd. Hulle noem my ‘Dom Dominic'”. Dis die dag waarop ‘n ma besef haar liefde en sorg is nie genoeg nie. Meer hulp is nodig. En Jan Kriel word deel van Dominic se lewensverhaal. Lees Dominic se aangrypende storie hier Baie dankie vir jul moeite ... Lees verder

KERSVIDEO BAIE DANKIE

Wanneer ‘n droom partykeer waar word, staan die dromer verstom.  Baie dankie aan ons Hemelse Vader dat Hy ons gehelp, ondersteun en veilig gehou het met die maak van De Eike se kersvideo. Dankie aan élke deelnemer, élke koorlid, élke tjellis, élke akteur, ons regisseur, ons klank- en powerpoint-spanne en verál ons dank aan Petrus ... Lees verder

RIËTTA OOR DIE KLEUTERKERK

Liewe gemeentelede KLEUTERKERK Ons huidige Kleuterkerk koördineerder, Elsa Smuts, het bedank, en ek sê vir haar baie dankie vir die wonderlike werk wat sy gedoen het die afgelope jaar en 9 maande.   Natuurlik weet ons nog glad nie wat volgende jaar inhou ten opsigte van eredienste nie, ook nie wat die kinder erediens en ... Lees verder

‘n Bietjie Kinderkerk nuus

Ons ou kinderkerk kiddies het mos net die eerste kwartaal kinderkerk gehad.  En ek het tog gevoel dat ons op ‘n spesiale manier vir die graad 6’e moet totsiens sê.  Ons het nog elke jaar ‘n ophef van hulle gemaak, ‘n ou klein geskenkie oorhandig, en hulle bemoedig vir die volgende jaar, wat ook die ... Lees verder

JOHAN OOR OOM PIETIE

        Oom Pietie het tydens my besoek verlede week aan hom vir my vertel van die baie jare wat hy “Sondagskool” gegee het in Moedergemeente. Hy het toe die aangehegde “sertifikaat” vir my gewys wat Kobus de Villiers vir hom in 2017 gegee het.  Ek het nie vir Kobus geken nie, maar ... Lees verder